Skip to main content
Photo by Stefan Els

Fakulteitsprogramme vir verwelkoming

Leer jou fakulteit, dosente en klasmaats ken. Hierdie sessies stel jou aan jou akademiese tuiste bekend en help jou om uit te vind wat jy in jou studie kan verwag.

Die institusionele verwelkomingsprogram vir 2026 begin Maandag 26 Januarie met die aankoms van alle pendelstudente (insluitende regstudente wat pendel en in koshuisstudentegemeenskappe woon). Koshuisstudente sal Dinsdag 27 Januarie aankom.

Die Verwelkomingsprogram is ontwerp om jou te help om 'n gladde oorgang na die universiteitslewe te maak.

Elke fakulteit by die Universiteit Stellenbosch bied ook gedurende die verwelkomingstydperk ’n fakulteitspesifieke verwelkomingsprogram aan.

Deelname aan die verskillende aktiwiteite sal jou die geleentheid gee om jou klasmaats, dosente en fakulteit beter te leer ken. Jy sal ook ’n duideliker begrip kry van wat om gedurende jou eerste jaar aan die Universiteit te verwag. Daar sal baie geleenthede wees om vrae te vra en toegang tot ondersteuningsdienste te verkry wat jou sal help om goed in te skakel.

Klik op die blokke hieronder vir toegang tot die institusionele Verwelkomingsprogram en die fakulteitspesifieke verwelkomingsprogramme.
 

Institusionele Verwelkomingsprogram

AgriWetenskappe



Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Lettere en Sosiale Wetenskappe


Ingenieurswese


Natuurwetenskappe

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe


Regsgeleerdheid