Skip to main content

Tuis

Welcome to the Centre for ​Academic Planning and Quality Assurance

The Centre for Academic Planning and Quality Assurance (APQ) forms part of the Division for Learning and Teaching Enhancement (DLTE) at Stellenbosch University.

Welcome by the Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekerinag

Die Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering (ABG) vorm deel​ van die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking (ALOV) van die Universiteit van Stellenbosch.

Wamkelekile kwiZiko loCwangciso-mfundo noQinisekiso-mgangatho

IZiko loCwangciso-mfundo noQinisekiso-mgangatho luyinxalenye yeCandelo loKuphuculwa koKufunda noKufundisa kwiYunivesthi yaseStellenbosch (SU).

APQ

Die Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering:

  • skakel met verskeie hoëronderwysliggame in Suid-Afrika en vertolk die beleidsomgewing waarin die Universiteit funksioneer;
  • staan akademici met kurrikulumbeplanning, -ontwerp en -hersiening by, hetsy deur nuwe akademiese programme en/of modules te ontwikkel of bestaandes te hersien, te herontwerp en te vernuwe;
  • bestuur die gehalteversekeringsiklus by die Universiteit in oorleg met dekane en verantwoordelikheidsentrumhoofde om te sorg dat alle departemente en steundiensteafdelings selfevaluerings onderneem, terreinbesoeke van ewekniebeoordelaars ontvang en gehalteverbeteringsaksies in werking stel;
  • bied sekretariële steun aan die Programadvieskomitee en die Gehaltekomitee; en
  • hou toesig oor institusionele oudits en nasionale beoordelings sowel as ander inisiatiewe vir gehalteversekering en -verbetering by die Universiteit in samewerking met verskeie vennote en belanghebbendes.​​

 

ABG ondersteun die volle kwaliteit kontinuum, om voorsiening te maak vir die Universiteit se alledaagse aktiwiteite, terwyl die kwaliteit van ons akademiese aanbiedinge deur drie onderling verwante sub-stelle verbeter word:

 

continuum

Gehalteversekering

Die gehaltebestuurstelsel maak voorsiening vir die gereelde evaluering van akademiese departemente en professionele administratiewe steundienste volgens 'n vasgestelde siklus van gehalteversekering en -verbetering. Die stelsel behels ook die periodieke hersiening en vernuwing van fakulteite, organisatoriese strukture, en akademiese programme en kwalifikasies, met inagneming van die skedule vir nasionale beoordelings en evaluerings deur beroepsliggame. 

Akademiese beplanning

Deur ons akademiese beplanningswerk ondersteun en fasiliteer ons die beplanning, goedkeuring, akkreditasie en registrasie van nuwe akademiese programme en modules sowel as beduidende veranderinge aan bestaande programme in samewerking met akademici, steundienste en ander belanghebbendes (soos beroepsliggame). Daarbenewens verseker ons dat die Universiteit sy program- en kwalifikasiesamestelling (PQM) handhaaf en dat ons voor- en nagraadse kwalifikasies aan die Raad op Hoër Onderwys se Raamwerk

Kurrikulumtrnsformasie

Kurrikulumtransformasie is 'n geïntegreerde proses van voortdurende kwaliteitverbetering van bestaande programme en modules, wat hersiening, herontwerp en vernuwing insluit. Hierdie pogings fokus op die neem van ingeligte kurrikulumbesluite met behulp van beskikbare data en die verbetering van onderrig, leer en assesseringspraktyke. Ons adviseer fakulteite en programleiers oor kurrikulumtransformasie in samewerking met ander interne rolspelers om afrikanisering, dekolonisering en restitusie te