Visie
Ons visie is om deur samewerking ’n gehaltekultuur en die voortdurende vernuwing van die akademiese aanbod by die Universiteit Stellenbosch te bevorder.
Missie
Ons missie is om:
- ’n doeltreffende en geïntegreerde gehaltebestuurstelsel by die Universiteit te bestuur deur die drie verbandhoudende werksaamhede van akademiese beplanning, gehalteversekering, en kurrikulumtransformasie (insluitendeprogramhersiening, -vernuwing en -herontwerp);
- wedersydse verhoudinge met akademiese en steunpersoneel sowel as studente te bou;
- ingeligte, konteksspesifieke steun en advies te bied;
- namens die Universiteit met eksterne hoëronderwysliggame te skakel, waaronder die Raad op Hoër Onderwys, die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid en die Kaapse Hoëronderwyskonsortium; en
- ’n vakkundige benadering te volg.