Skip to main content

Ontwerp nuwe programme en vernuwe bestaandes

'Akademiese beplanning' verwys na die beplanning en ontwerp van nuwe akademiese programme by die US wat nie tans deel uitmaak van die Universiteit se program- en kwalifikasiesamestelling (PQM) nie. Hierdie programme moet sowel 'n interne as eksterne goedkeuringsproses ondergaan. Laasgenoemde behels goedkeuring deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), akkreditasie deur die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en registrasie by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SAKO).

Programhersiening, -vernuwing en -herontwerp' behels op sy beurt hetsy groot of geringe veranderinge aan bestaande US-programme.

 

svg

Programhersiening: 'n Sistematiese assessering van die doeltreffendheid, relevansie en doeltreffendheid van 'n program. Data en terugvoer van verskeie belanghebbendes moet ingesamel word om die program se sterk- en swakpunte te evalueer.
 

svg

Programvernuwing: Sodra die sterk- en swakpunte van 'n program geïdentifiseer is, kan die program gewysig word om die geïdentifiseerde swakpunte aan te spreek. Dit kan die inkorporering van nuwe kennis, tegnologieë of pedagogiese benaderings insluit.
 

svg

Programherontwerp: ​'n Omvattende hersiening van 'n program, wat die herbesinning van die programme se kernelemente soos die leeruitkomste, kurrikulumstruktuur en doel kan insluit.

svg
Groot veranderinge

 

Groot veranderinge aan 'n bestaande kwalifikasie of program in die US se PQM sluit in veranderinge aan:

  1. die titel van 'n kwalifikasie;
  2. die beweegrede, doel, uittreevlakuitkomste en gepaardgaande assesseringskriteria van 'n program;
  3. die totale kredietwaarde van 'n program;
  4. die programontwerp, waaronder die byvoeging van nuwe modules en/of wysiging van die kredietwaarde van bestaande modules, wat die totale kredietwaarde van die program beïnvloed;
  5. die vakinhoud- (CESM-)kodes van modules, wat 'n invloed het op die 50%-reël van toepassing op die gebruik van aanwysers en kwalifiseerders; en
  6. die aanbiedingsmetode (d.w.s. kontak na​ afstandsleer).
     

Groot veranderinge is dikwels die gevolg van nuwe ontwikkelings in dissiplines, op vakgebiede of praktykdomeine. Beroepsliggame (statutêr en niestatutêr) kan ook nuwe standaarde stel wat beduidende veranderinge aan 'n bestaande program van die US tot gevolg kan hê. Al hierdie verandering vereis egter nie die akkreditasie van 'n nuwe program nie.

Programhersiening is dikwels die resultaat van nuwe ontwikkelings in dissiplines, studievelde of praktykdomeine. Professionele liggame (statutêr en nie-statutêr) kan ook nuwe professionele standaarde instel wat beduidende veranderinge aan 'n bestaande program wat deur die US aangebied kan tot gevolg kan hê. Nie al hierdie veranderinge vereis egter die akkreditasie van 'n nuwe program nie.

 

Programhersiening is daarop gemik om 'n bestaande program krities te evalueer. Op grond van hierdie resultate kan óf programvernuwing (geringe veranderinge) ingestel word óf 'n programherontwerp word vereis. 'n Programherontwerp van 'n bestaande program vind plaas wanneer:
 

  • die struktuur van die program grootliks verander;
  • die programinhoud, kurrikulumontwerp of CESM-kategorieë gekoppel aan die program met met meer as 50% verander;
  • die programdoel en/of module-uitkomste grootliks verander;
  • 'n Professionele Liggaam of die RHO reik 'n nuwe kwalifikasiestandaard uit en versoek die indiening van 'n nuwe program vir akkreditasie​​

 

'n Programherontwerp vereis die indiening van 'n versoek vir 'n nuwe program. Dokumentasie in hierdie verband moet aan die Programadvieskomitee, Akademiese Beplanningskomitee en Senaat voorgelê word vir oorweging en goedkeuring. Eksterne goedkeuring van die DHOO, akkreditasie van die RHO en herregistrasie van die kwalifikasie by SAKO is ook nodig. Waar 'n herontwerpte program 'n bestaande program vervang, word 'n oorgangs- of uitfaseringsplan vereis.  Veranderinge tot die programnaam of minimum duur sal nie vereis dat 'n nuwe program vir akkreditasie ingedien word nie, maar vereis wel die indien van addisionele dokumentasie vir eksterne goedkeuring. 'n Nuwe programnaam mag slegs ingestel word wanneer die wysiging deur die RHO geakkrediteer en 'n SAKO id ontvang is.


 

z

Geringe veranderinge

 

Geringe veranderinge aan 'n bestaande kwalifikasie/program in die US se PQM (waaronder modules) sluit in:

veranderinge aan modulename;
veranderinge aan die beskrywing van module-inhoud;
veranderinge aan modulekrediete op grond van inhoudsveranderinge (slegs veranderinge van minder as 50%);
veranderinge aan die leeruitkomste en gepaardgaande assesseringskriteria van module(s);
veranderinge aan die reëls van kombinasie in die ontwerp van 'n bestaande program (d.w.s. voor- en medevereistes);
'n verandering in die aanbiedingsmetode van kontakgebaseerde leer van aangesig tot aangesig tot hibridiese leer; en
die implementering van 'n nuwe hibridieseleermodule.
Geringe veranderinge dien voor die Programadvieskomitee, Akademiese Beplanningskomitee en Senaat. Hierdie veranderinge word dikwels identifiseer weens 'n programvernuwings-inisiatief.

'n Modulespesifikasie​ (vorm B) moet voltooi word wanneer enige van die volgende plaasvind:

uitgebreide veranderinge aan die module-inhoud (d.w.s. die verwydering van nie net een of twee onderwerpe nie);
verander aan die naam van 'n module;
verander na meer as 50% van die kredietwaarde van 'n module of die krediettoekenning verander met 10 krediete of meer;
veranderinge aan die voorsieningsmodus (d.w.s. die verandering van 'n volle kontak na 'n hibriede voorsieningsmodus).​
Waar minder as 50% veranderinge aan ’n bestaande program aangebring is wat meer as een studiejaar raak, moet ’n uitfaseringsplan van die ‘ou’ modules en ’n infaseringsplan van die ‘nuwe’ modules vir die oorgangstydperk die dokumentasie aan die PAC vergesel. Dit is noodsaaklik om geen (of baie min) verskil tussen die totale kredietwaarde per studiejaar tussen die 'ou' en die 'nuwe' weergawe van 'n bestaande program te verseker. 

Raadpleeg gerus die werkvloei​ vir die interne en eksterne goedkeuringsprosesse ten opsigte van nuwe akademiese programme en vir verdere inligting oor die ​goedkeuring, akkreditasie en registrasie van nuwe akademiese programme onderskeidelik by die DHOO, ​RHO en SAKO.

z
​Kliek vir​ toegang tot alle kurrikulum ​template, institusionele datums en hulpbronne vir die beplanning van modules (Vorm B).

Die tabel hieronder onderskei tussen n​uwe akademiese programme en groot en geringe veranderinge aan bestaande programme. Vir bykomende hulpbronne oor enige van die aspekte in die tabel, klik gerus op die hiperskakels.​  ​Neem asb. kennis dat sommige hulpbronne tans ontwikkel of hersien word en so gou as moontlik beskikbaar gemaak sal word.

RHO Programakkreditasie



Maatstaf 1: Programontwerp
​New
 
​Major
 
​Mi​nor
 
Kwalifikasie tipe​
 

 
NKR-vlak 
 

 
 
Vlakbeskrywings 
 

 

 
 
Krediete en kredietwaardes​ 
 

 

 

 
Minimum duur​ 
 

 

 
 
Modus van voorsiening​ 
 

 

 

 
Navorsingskrediete
 

 

 

 
Werkplekgebaseerde leer
 

 

 
Professionele liggaam vereistes
 

 

 
Program met betrekking tot US-visie en –missie
 

 

 
Rasionaal en regverdiging van program
 

 
 
Doel van die program
 

 
 
Programuitkomste en gepaardgaande assesseringskriteria (AAK)
 

 
 
Programstruktuur
 

 

 
Reëls van kombinasie
 

 

 
Bevoegdhede
 

 
 
Internasionale vergelykbaarheid
 

 
 
Artikulasie
 

 
​Maatstaf 2: Studentewerwing, toelating en keuring
​New
 
​Major
 
​Mi​nor
 
Toelatingskriteria
Keuringskriteria
Erkenning van Vorige Leer (EVL) en Kredietakkumulasie en –oordrag (RTT) 


 

​Maatstaf 3 + 4: Personeel
​New
 
​Major
 
​Mi​nor
 
Personeel kwalifikasies, grootte en senioriteit 


 

Maatstaf 5: Leer- en Onderrigstrategie​New
 
​Major
 
​Mi​nor
 
Onderrig en Leerstrategie vir die program 
Hibridiese leer strategie vir die program
Akademiese ondersteuning
Studente terugvoer
Maatstaf 6: Assessering
​New
 
​Major
 
​Mi​nor
 
Assesseringstrategie vir die program
Assesseringsplan vir die program
Interne en eksterne moderering
Integriteit van assesseringspraktyke
Maatstaf 7: Infrastruktuur en biblioteekhulpbronne
​New
 
​Major
 
​Mi​nor
 
Onderrig- en leerfasiliteite
IT-infrastruktuur en biblioteekhulpbronne

​Maatstaf 9: Nagraadse beleide, prosedures en regulasies
​New
 
​Major
 
​Mi​nor
 

Administratiewe ondersteuning


​Maatstaf 9: Nagraadse beleide, prosedures en regulasies

 
Programleier 
Leerder-analise 
Integriteit van prosesse wat tot sertifisering lei 


 

Maatstaf 9: Nagraadse beleide, prosedures en regulasies
​New
 
​Major
 
​Mi​nor
 

Goedkeuring van navorsingsvoorstelle


​Maatstaf 9: Nagraadse beleide, prosedures en regulasies

 
Aanstelling van studieleiers en eksaminatore 
Werkladingsmodelle 
Monitering van die gehalte van supervisie 
Akademiese ondersteuning vir nagraadse studente 
Nagraadse assessering 
Navorsingspersoneelontwikkeling 


 

Maatstaf 10: Finansiële Haalbaarheid
​New
 
​Major
 
​Mi​nor
 

Inskrywingbeplanning


​Maatstaf 10: Finansiële Haalbaarheid

 
Program vergelyking 
Studentegelde 
Direkte uitgawes 
Impak op menslike hulpbronne 
Befondsing
 

 

 


Meer inligting oor US se trapsgewyse benadering tot programhersiening, vernuwing en herontwerp is beskikbaar in die programsake dokument. Die volgende dokument ​sal egter ook behulpsaam wees in u besluitneming. ​