Breadcrumb
Ontwerp nuwe programme en vernuwe bestaandes
Academic planning refers to the planning and design of new academic programmes at SU.
'Akademiese beplanning' verwys na die beplanning en ontwerp van nuwe akademiese programme by die US wat nie tans deel uitmaak van die Universiteit se program- en kwalifikasiesamestelling (PQM) nie. Hierdie programme moet sowel 'n interne as eksterne goedkeuringsproses ondergaan. Laasgenoemde behels goedkeuring deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), akkreditasie deur die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en registrasie by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SAKO).
Programhersiening, -vernuwing en -herontwerp' behels op sy beurt hetsy groot of geringe veranderinge aan bestaande US-programme.
Programhersiening: 'n Sistematiese assessering van die doeltreffendheid, relevansie en doeltreffendheid van 'n program. Data en terugvoer van verskeie belanghebbendes moet ingesamel word om die program se sterk- en swakpunte te evalueer.
Programvernuwing: Sodra die sterk- en swakpunte van 'n program geïdentifiseer is, kan die program gewysig word om die geïdentifiseerde swakpunte aan te spreek. Dit kan die inkorporering van nuwe kennis, tegnologieë of pedagogiese benaderings insluit.
Programherontwerp: 'n Omvattende hersiening van 'n program, wat die herbesinning van die programme se kernelemente soos die leeruitkomste, kurrikulumstruktuur en doel kan insluit.
Programme review, renewal and re-design refer to major or minor changes to existing programmes offered by SU.
![]() | Groot veranderinge |
Groot veranderinge aan 'n bestaande kwalifikasie of program in die US se PQM sluit in veranderinge aan:
- die titel van 'n kwalifikasie;
- die beweegrede, doel, uittreevlakuitkomste en gepaardgaande assesseringskriteria van 'n program;
- die totale kredietwaarde van 'n program;
- die programontwerp, waaronder die byvoeging van nuwe modules en/of wysiging van die kredietwaarde van bestaande modules, wat die totale kredietwaarde van die program beïnvloed;
- die vakinhoud- (CESM-)kodes van modules, wat 'n invloed het op die 50%-reël van toepassing op die gebruik van aanwysers en kwalifiseerders; en
- die aanbiedingsmetode (d.w.s. kontak na afstandsleer).
Groot veranderinge is dikwels die gevolg van nuwe ontwikkelings in dissiplines, op vakgebiede of praktykdomeine. Beroepsliggame (statutêr en niestatutêr) kan ook nuwe standaarde stel wat beduidende veranderinge aan 'n bestaande program van die US tot gevolg kan hê. Al hierdie verandering vereis egter nie die akkreditasie van 'n nuwe program nie.
Programhersiening is dikwels die resultaat van nuwe ontwikkelings in dissiplines, studievelde of praktykdomeine. Professionele liggame (statutêr en nie-statutêr) kan ook nuwe professionele standaarde instel wat beduidende veranderinge aan 'n bestaande program wat deur die US aangebied kan tot gevolg kan hê. Nie al hierdie veranderinge vereis egter die akkreditasie van 'n nuwe program nie.
Programhersiening is daarop gemik om 'n bestaande program krities te evalueer. Op grond van hierdie resultate kan óf programvernuwing (geringe veranderinge) ingestel word óf 'n programherontwerp word vereis. 'n Programherontwerp van 'n bestaande program vind plaas wanneer:
- die struktuur van die program grootliks verander;
- die programinhoud, kurrikulumontwerp of CESM-kategorieë gekoppel aan die program met met meer as 50% verander;
- die programdoel en/of module-uitkomste grootliks verander;
- 'n Professionele Liggaam of die RHO reik 'n nuwe kwalifikasiestandaard uit en versoek die indiening van 'n nuwe program vir akkreditasie
'n Programherontwerp vereis die indiening van 'n versoek vir 'n nuwe program. Dokumentasie in hierdie verband moet aan die Programadvieskomitee, Akademiese Beplanningskomitee en Senaat voorgelê word vir oorweging en goedkeuring. Eksterne goedkeuring van die DHOO, akkreditasie van die RHO en herregistrasie van die kwalifikasie by SAKO is ook nodig. Waar 'n herontwerpte program 'n bestaande program vervang, word 'n oorgangs- of uitfaseringsplan vereis. Veranderinge tot die programnaam of minimum duur sal nie vereis dat 'n nuwe program vir akkreditasie ingedien word nie, maar vereis wel die indien van addisionele dokumentasie vir eksterne goedkeuring. 'n Nuwe programnaam mag slegs ingestel word wanneer die wysiging deur die RHO geakkrediteer en 'n SAKO id ontvang is.
Minor changes to an existing qualification/programme (including its modules) on the PQM of SU include any of the following changes:
- Renaming the module(s);
- Redefining the description of the module(s) content;
- Redefining the credit value of module(s) based on changes to the module content (only less than 10 credits or 50%);
- Redefining the learning outcomes and associated assessment criteria of module(s) in an existing programme;
- Redefining the rules of combination within the programme design of an existing programme (i.e. pre-requisites and co-requisites);
- Revising the mode of delivery and provisioning from face-to-face contact-based to hybrid learning;
- Implementation of a new learning module.
Minor changes to existing module(s) of a programme on the PQM of SU are considered by the Programme Advisory Committee, Academic Planning Committee and Senate. These changes are often identified as part of a programme renewal initiative.
A module specification (Form B) must be completed where the following occurs:
- extensive changes to the module content (i.e. not only removing one or two topics);
- changes to the name of a module;
- changes to more than 50% of the credit value of a module or changing the credit allocation by 10 credits or more;
- changes to the mode of provision (i.e. changing a full contact to a hybrid mode of provision).
Where less than 50% changes have been made to an existing programme that impact more than one year of study, a phasing-out plan for the ‘old’ modules and a phasing-in plan for the ‘new’ modules for the period of transition must accompany the documentation submitted to the PAC. It is vital to ensure no (or very little) difference between the total credit value per year of study between the ‘old’ and the ‘new’ version of an existing programme.
Raadpleeg gerus die werkvloei vir die interne en eksterne goedkeuringsprosesse ten opsigte van nuwe akademiese programme en vir verdere inligting oor die goedkeuring, akkreditasie en registrasie van nuwe akademiese programme onderskeidelik by die DHOO, RHO en SAKO.
| Kliek vir toegang tot alle kurrikulum template, institusionele datums en hulpbronne vir die beplanning van modules (Vorm B). |
Die tabel hieronder onderskei tussen nuwe akademiese programme en groot en geringe veranderinge aan bestaande programme. Vir bykomende hulpbronne oor enige van die aspekte in die tabel, klik gerus op die hiperskakels. Neem asb. kennis dat sommige hulpbronne tans ontwikkel of hersien word en so gou as moontlik beskikbaar gemaak sal word.
In the table below, a distinction is made between new academic programmes, major and minor changes to existing programmes.
For additional resources on any of the aspects listed in this table, please click on the hyperlink in the table. Please take note that some resources are currently being developed or revised and will be made available as soon as possible.
- Maatstaf 1: Programontwerp
- Maatstaf 2: Studentewerwing, toelating en keuring
- Maatstaf 3 + 4: Personeel
- Maatstaf 5: Leer- en Onderrigstrategie
- Maatstaf 6: Assessering
- Maatstaf 7: Infrastruktuur en biblioteekhulpbronne
- Maatstaf 8: Administratiewe dienste vir program
- Maatstaf 9: Nagraadse beleide, prosedures en regulasies
- Maatstaf 10: Finansiële Haalbaarheid
| New | Major | Minor |
|---|---|---|---|
| Kwalifikasie tipe | |||
| NKR-vlak | |||
| Vlakbeskrywings | |||
| Krediete en kredietwaardes | |||
| Minimum duur | |||
| Modus van voorsiening | |||
| Navorsingskrediete | |||
| Werkplekgebaseerde leer | |||
| Professionele liggaam vereistes | |||
| Program met betrekking tot US-visie en –missie | |||
| Rasionaal en regverdiging van program | |||
| Doel van die program | |||
| Programuitkomste en gepaardgaande assesseringskriteria (AAK) | |||
| Programstruktuur | |||
| Reëls van kombinasie | |||
| Bevoegdhede | |||
| Internasionale vergelykbaarheid | |||
| Artikulasie |
Maatstaf 2: Studentewerwing, toelating en keuring | New | Major | Minor |
|---|---|---|---|
| Toelatingskriteria | |||
| Keuringskriteria | |||
| Erkenning van Vorige Leer (EVL) en Kredietakkumulasie en –oordrag (RTT) |
Maatstaf 3 + 4: Personeel | New | Major | Minor |
|---|---|---|---|
| Personeel kwalifikasies, grootte en senioriteit |
| Maatstaf 5: Leer- en Onderrigstrategie | New | Major | Minor |
|---|---|---|---|
| Onderrig en Leerstrategie vir die program | |||
| Hibridiese leer strategie vir die program | |||
| Akademiese ondersteuning | |||
| Studente terugvoer |
Maatstaf 6: Assessering | New | Major | Minor |
|---|---|---|---|
| Assesseringstrategie vir die program | |||
| Assesseringsplan vir die program | |||
| Interne en eksterne moderering | |||
| Integriteit van assesseringspraktyke |
Maatstaf 7: Infrastruktuur en biblioteekhulpbronne | New | Major | Minor |
|---|---|---|---|
| Onderrig- en leerfasiliteite | |||
| IT-infrastruktuur en biblioteekhulpbronne |
| New | Major | Minor |
|---|---|---|---|
Administratiewe ondersteuning
| |||
| Programleier | |||
| Leerder-analise | |||
| Integriteit van prosesse wat tot sertifisering lei |
Maatstaf 9: Nagraadse beleide, prosedures en regulasies | New | Major | Minor |
|---|---|---|---|
Goedkeuring van navorsingsvoorstelle
| |||
| Aanstelling van studieleiers en eksaminatore | |||
| Werkladingsmodelle | |||
| Monitering van die gehalte van supervisie | |||
| Akademiese ondersteuning vir nagraadse studente | |||
| Nagraadse assessering | |||
| Navorsingspersoneelontwikkeling |
Maatstaf 10: Finansiële Haalbaarheid | New | Major | Minor |
|---|---|---|---|
Inskrywingbeplanning
| |||
| Program vergelyking | |||
| Studentegelde | |||
| Direkte uitgawes | |||
| Impak op menslike hulpbronne | |||
| Befondsing | |
Meer inligting oor US se trapsgewyse benadering tot programhersiening, vernuwing en herontwerp is beskikbaar in die programsake dokument. Die volgende dokument sal egter ook behulpsaam wees in u besluitneming.
ATTRIBUTION: Image courtesy of Stellenbosch University
