Skip to main content

Akademiese Beplanning en Gehalteversekering

Gehalteversekering en Bevordering​

​​​​​​​​​​​​​​​​Die Universiteit Stellenbosch Gehaltebestuurstelsel ​

Ons gehaltebestuurstelsel maak voorsiening vir die gereelde evaluering van akademiese departemente en professionele akademiese steundienste volgens 'n vaste siklus vir gehalteversekering en -bevordering​​. Ons Gehalteversekering- en bevorderingsbeleid is belyn met die Raad op Hoër Onderwys (RHO) se Raamwerk vir Institusionele Gehaltebeoordelings.
 

​Ons Universiteit se Evalueringstelsel bestaan uit die departementele selfevaluering, ewekniebeoordeling ​​​en die tweejaaropvolg.​​​​​

 

Quality Siklus Afrk

 

​Die bevindings van die self- en ewekniebeoordeling​​​s en sleutelaksies vir verbetering word aan ons Gehaltekomitee gerapporteer. Ons Gehaltekomitee is 'n subkomitee van ons Uitvoerende Komitee van die Senaat. Ons Gehaltekomitee​​​ adviseer ons Uitvoerende Komitee van die Senaat oor die bestuur en monitering van al ons institusionele gehalteversekering en verbeteringsaktiwiteite.
​​​ 

 Universiteit Stellenbosch Gehalte-Kalender​ 
 
2025
​Gehaltekomitee-datums
 
​​​​​​​​​​​​​​​​Agenda Sluit​​​​​​​Komiteevergadering
1 April​​25​ April, 12:30 – 16:30
29 April​23 Mei, 09:00 – 13:00
15 Augustus5 September​, 09:00 – 13:00​​
18 September​10 Oktober, 9:00 – 13:00