Breadcrumb
Skep Geleenthede vir Nadenke
Verbeterde Studenterefleksie
Blogger
Blogs is internetgebaseerde werwe wat deur individue of groepe geskep en in stand gehou word met die doel om inhoud uit te ruil of sekere onderwerpe te bespreek. 'n Blogwerf bestaan uit afsonderlike inskrywings of plasings, soos die bladsye van 'n dagboek. Die blog-eienaar(s) skep en ruil nuwe plasings op die werf uit, en volgers (mense wat die blog lees) kan op die plasings kommentaar lewer en aan besprekings daaroor deelneem. Plasings kan verskeie soorte media bevat, onder meer teks, video- of klankmateriaal, of beelde.
Kliek op die volgende skakels vir meer inligting:
Verbetering van Studenterefleksie
ePortfolio op SUNLearn
'n e‑Portefeulje is 'n elektroniese versameling noukeurig uitgesoekte inligting wat as bewys van die eienaar se leerreis, vermoëns, ensovoorts dien. Sulke portefeuljes kan met behulp van verskeie platforms, kommersiële nutsmiddels of oopbron-toepassings geskep word. ePortfolio op SUNLearn word op die Mahara-platform geskep, wat vir niemand buite die US toeganklik is nie. Dit wil sê, jy sal dalk 'n ander platform moet gebruik as die doel van jou e‑portefeulje dit vereis.
Kliek op die volgende skakels vir meer inligting:
ERKENNING: Foto geneem deur Sentrum vir Leertegnologieë

