Breadcrumb
Akademiese Ontwikkeling & Navorsing
AON
Die Sentrum vir Leertegnologieë (SLT) ontwikkel, bevorder en ondersteun die gebruik van leertegnologieë vir leer en onderrig aan die US. Ons werk in 'n adviserende rol met betrekking tot die integrasie van leertegnologieë in die kurrikulum via verskeie verskaffingsmodusse. Hierdie rol word ondersteun deur teoretiese perspektiewe en die akademieskap van onderrig en leer, en vind plaas in vennootskap met fakulteite, dosente en ander relevante rolspelers. Hierdie verskaffingsmodusse sluit in gemengde leer (GL), hibridieseleer (HL) en aanlyn leer (AL). Buiten die adviserende rol wat ons verskaf, word verskeie professionele leergeleenthede, ondersteuning en konsultasies ook deur die SLT verskaf. Verskeie soorte hulpbronne is beskikbaar om akademiese personeel by te staan in die gebruik van leertegnologieë in hulle onderrig-, leer- en assesseringspraktyke.
Akademiese Ontwikkeling & Professionele Leer
Deel van ons akademiese ontwikkelingswerk by die US is gesetel in verskillende verskaffingsmodusse (modaliteite). 'n Verskaffingsmodus verwys na die onderrigmetode wat gebruik word. Ontluikende leertegnologieë het verskeie ander metodes verskaf vir onderrig in die hoër onderwys, buiten bloot net lesings wat aan groot groepe studente aangebied word met 'n mate van onafhanklike studie. Ongeag die wyse van aanbieding is die beginsels van en kriteria vir onderrig en leer aan die US steeds van toepassing. Hierdie word uiteengesit in die Leer- en Onderrigbeleid, tesame met die beginsels van die DeLTA-raamwerk.
Kontak Ons
Dr Sonja Strydom
Me Magriet de Villiers
Me Lucille Müller
Me Yakhuluntu Dubazana
Me Grazelde Langeveldt
Dr Renelle Terblanche
Me Chantelle Viktor
Me Qanitah Adam
Me Pratisha Praemchand
Me Robin de Klerk
Mnr Mzimkhulu Mati
Mnr Keagan Fish
Me Germaine Tahor
ERKENNING: Prent onder lisensie deur Freepik/freepik.com