Breadcrumb
BESTUUR VAN DIE US STRATEGIESE FONDS
Universiteit Stellenbosch Strategiese Fonds
Die US Strategiese Fonds fokus op nuwe inisiatiewe wat direk belyn is met die visie, missie en kern strategiese temas van die Universiteit, soos vervat in Visie 2040 en die Strategiese Raamwerk. Fondse word toegeken ten opsigte van die Universiteit se ses kern strategiese temas en die gepaardgaande institusionele doelwitte.
Sowel die Strategiese Fonds se sekretariaat as die fondsbestuurder is in die Afdeling Institusionele Strategie, Navorsing en Analitika gesetel. Gevolglik neem die afdeling verantwoordelikheid vir die bestuur, administrasie, en voorsiening van ondersteuning aan belanghebbendes en aansoekers van die Fonds. Só ondersteun die afdeling die Universiteitsbestuur in die belyning van strategiese finansiering met die Universiteit se strategiese doelwitte.
Strategiese Fonds – aansoeke vir 2026
- Aansoeke vir Kategorie A en Kategorie C.1 open op Maandag 20 April 2026.
- Aansoeke moet elektronies via ’n aanlyn platform ingedien word.
- Volg asseblief die onderstaande stappe. Let daarop dat aksie nr. 3 twee stappe behels.
| AKSIES (AANSOEKER) | RELEVANTE DOKUMENTE EN SKAKELS | SPERDATUM | |
| 1. | Bestudeer die Strategiese Fondsregulasie om u vertroud te maak met die kriteria vir elke kategorie wat oop is vir aansoeke. Neem asseblief kennis: Die Strategiese Fondsregulasie, wat tans slegs in Engels beskikbaar is, is hersien. Bestudeer die kriteria deeglik omdat sommige daarvan kon verander het. | Strategiese Fondsregulasie | |
| 2. | Laai die templaat (in Word-formaat) af wat van toepassing is op die kategorie wat by aksie nr. 1 gekies is, en voltooi die dokument. | Templaat – Kategorie A (Ronde 1) Templaat – Kategorie C.1 (finaal) | |
| 3. | Dien asseblief u voltooide aansoek sowel as die Word-dokument via die aanlyn aansoekportaal in. Nadat die aansoek ingedien is, sal die portaal die aansoek outomaties aan die betrokke VS-hoof/Dekaan stuur vir goedkeuring en kommentaar.
| Skakel na die aanlyn aansoekvorm | Maandag 11 Mei 2025 om 14:00 |
Tydlyn vir 2026-aansoeke
| Aksie | Tydlyn | |
| 1. | Maandag 20 April 2026 | Aansoeke open vir Kategorie A (Ronde 1) en Kategorie C.1 (finaal). |
| 2. | Maandag 11 Mei 2026 om 14:00 | Sluitingsdatum vir die indien van aansoeke vir Kategorie A (Ronde 1) en Kategorie C.1 (finaal). |
| 3. | TBC | Die Strategiese Fondskomitee vergader en besluit watter Kategorie A-aansoeke deurgaan na Ronde 2, en watter Kategorie C.1-aansoeke goedgekeur word. |
| 4. | TBC | Sluitingsdatum vir die indien van aansoeke vir Kategorie A (Ronde 2). |
| 5. | TBC | Die Strategiese Fondskomitee vergader en besluit watter aansoeke vir Kategorie A (Ronde 2) goedgekeur word. |
Kontakbesonderhede en ondersteuning
Vir enige navrae rakende die Strategiese Fonds of die aansoekproses, kontak asseblief die Strategiese Fondsbestuurder, Martin de Abreu, by [email protected].
U is ook welkom om ’n e-pos te stuur om ’n vergadering te reël om enige aansoekverwante navrae te bespreek.
Twee inligtingsessies sal via Microsoft Teams gehou word waartydens aansoekers welkom sal wees om vrae te vra. Aanvaar asseblief die toepaslike kalenderuitnodiging hieronder om aan te sluit:
- Sessie 1: TBC
- Sessie 2: TBC