Breadcrumb
Nasionale HEMIS-data
Data van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO)
Die Afdeling Institusionele Strategie, Navorsing en Analitika het twee Power BI-toepassings ontwikkel wat ’n belangrike behoefte vervul, naamlik om al die nasionale personeel- en studente-data van die 26 hoër onderwysinrigtings in Suid-Afrika op een plek beskikbaar te stel. Die toepassings laat maklike datakeuses en vergelykings tussen universiteite toe, wat nie moontlik is met gedrukte publikasies nie.
NAVRAE:
Nasionale HEMIS-personeeldata
Die data van DHOO-tabelle 3.1, 3.3, 3.4, 3.5 en 3.7 word grafies voorgestel deur middel van ’n Power BI-toepassing.
Nasionale HEMIS-studentedata
Die data van DHOO-tabelle 2.7, 2.9, 2.11, 2.12 en 2.13 word grafies voorgestel deur middel van ’n Power BI-toepassing.
Die toepassing toon ook die studentesukses-data waarna dikwels verwys word, en bevat ’n verskeidenheid van grafieke wat neigings en die inhoud van die hooftabelle van HEMIS aantoon. Sommige van hierdie grafieke is soortgelyk aan die grafieke wat in die verlede in die DHOO-publikasie Vital Statistics verskyn het, maar uiteraard was daardie data staties en dit was nie moontlik om dinamiese parameters te kies nie.