Skip to main content

Finansies

Finance
Image by: SU

Wie ons is

Die Universiteit Stellenbosch se Finansiële Afdeling bied waardevolle finansiële bestuur, strategiese beplanning, begroting en beheerdienste aan personeel, studente en ander belanghebbendes. Die afdeling ondersteun die Universiteit se visie en strategiese doelwitte en implementeer doeltreffende sakeprosesse en bestuursbeginsels om finansiële volhoubaarheid te verseker.


 

Wat ons doen

Die finansiële afdeling bied 'n geïntegreerde finansiële en administratiewe diens aan studente, personeel en belanghebbendes van die Universiteit. Dit sluit in finansiële transaksies en bestuur, finansiële beplanning en begroting, finansiële verslagdoening, verkrygingsdienste, bestuur van studentegelde en finansiële hulp, en finansiële bestuur van die US se bates.

 

Wie ons bedien

Die Afdeling bied hierdie diens aan 'n wye spektrum van belangegroepe (kliënte), insluitend die US se Raad en ander relevante subkomitees van die Raad; die US-bestuur; personeel by fakulteite en ander ondersteuningsdiensomgewings; studente en hul ouers; die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO); plaaslike regering; skenkers en befondsers; en verskaffers.

Ons Dienste

Annual reports
Image by: SU

Finansiële Verslaggewing

procurement
Image by: SU

Verkryging by die US

Indien jy met die Universiteit Stellenbosch sake wil doen of ‘n diensverskaffer wil word, laai asseblief die aansoekvorm hier af en stuur dit aan ons met die nodige dokumentasie. Indien die kontrakteursvrywaringsvorm op jou van toepassing is, vind dit hier en voltooi dit asseblief. .