Skip to main content

Projekbestuur

Totale vernuwingskoste: R15 miljoen

Die Universiteit Stellenbosch (US) se ikoniese Ou Hoofgebou (1986) is een van ’n aantal Universiteitsgeboue wat onlangs as deel van die kampusvernuwingsprojek opgeknap is. ’n Kunswerk deur landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe is voor die gebou aangebring. Dit vier die Grondwet van Suid-Afrika en is een van verskeie projekte vir visuele regstelling op US-kampusse.