Skip to main content

Projekbestuur

Oorgangsfasiliteit en Silvertrees-parkeerterrein

Totale oprigtingskoste: R128 miljoen

Die Universiteit Stellenbosch (US) se personeel- en studentetal brei voortdurend uit. Die noordelike buurt van die kampus is as ’n omgewing vir steundienste en die Afdeling Fasiliteitsbestuur gekonseptualiseer. Die oorgangsfasiliteit is ook daar opgerig om fakulteite tydelik te huisves wanneer die voortgesette vernuwing van die kampus hulle raak. Personeellede en studente van die Fakulteit Ingenieurswese gebruik tans die perseel terwyl bouwerk op daardie kampus aan die gang is. Hier is ook ’n nuwe, beveiligde, studentvriendelike parkeerterrein wat die getal privaat voertuie op die sentrale kampus help verminder en ’n intermodale aansluiting vir US-pendelbussies en ongemotoriseerde verkeer skep.

Die oorgangsfasiliteit is ’n landmerk. Dit dien as geformaliseerde stedelike toegangspunt tot ’n buurt wat voorheen as deel van die periferie beskou is. In aansluiting by die meesterplan oor omgewingsvolhoubaarheid is ’n 500 kW- fotovoltaïese installasie onlangs afgehandel wat elektrisiteit op die netwerk vir ons noordelike kampus byvoeg.