Die onderafdeling Ontwikkelingsbeplanning en ‑ontwerp binne die Afdeling Fasiliteitsbestuur beplan en ontwerp volhoubare, toeganklike, innoverende en toekomsgerigte fasiliteite op die Universiteit Stellenbosch se vyf kampusse.
 
      Ons oogmerk
Ons wil verseker dat die Universiteit Stellenbosch (US) se beboude omgewing ordelik en volhoubaar beplan en ontwerp word. Ons mik daarna om die Universiteit se ontwikkelingspotensiaal te maksimeer sonder om die bekoring en karakter van ons stedelike ontwikkeling aan te tas.
 
      Ons streef die volgende na:
- om ’n toeganklike omgewing te skep wat vir diversiteit voorsien en waarde daaraan heg;
- om ’n inklusiewe en transformerende, veilige en volhoubare beboude omgewing te kweek; en
- om innoverende en beweeglike ruimtes vir onderrig, leer, navorsing, verblyf, steundienste, en sport en ontspanning geslaagd te verskaf.
Hierdie onderafdeling doen voortgeset navorsing om standaardriglyne vir die detail-ontwerp en spesifisering van fasiliteite te stel en te ontwikkel ten einde toeganklikheid, inklusiwiteit en uitnemendheid ‒ drie van die Universiteit se strategiese doelwitte ‒ te verwesenlik. Ons doen dit deur:
- aktief by die beplanningsfase van elke bouprojek betrokke te wees;
- te verseker dat projekte by die US strategiese doelwitte, prioriteite en verwagtings aansluit;
- uitvoerbaarheidstudies en hoëvlak-kosteberamings te doen;
- met kliënte oor die ontwerp en beplanning van fisieke ruimtes te beraadslaag;
- die beginsels van gesonde finansiële bestuur toe te pas op begroting en die bestuur van strategiese projekte; en
- ruimtebestuur vir die kort, medium en lang termyn te verrig.
Die onderafdeling Ontwikkelingsbeplanning en ‑ontwerp stel ontwerpspesifikasieriglyne op wat onder meer die volgende in ag neem:
- erfenis
- volhoubaarheid
- universele toegang en transformasie
- ruimtelike norme en meubilering
- onderrig- en leerfasiliteite
- studentehuisvesting
- argitektuur
- landskap
- mobiliteit en roetes vir ongemotoriseerde verkeer
- veiligheid
- riglyne vir ruimtebestuur
Ruimtebestuurriglyne
Die span by Ontwikkelingsbeplanning en ‑ontwerp het ’n omvattende stel riglyne vir ruimtebestuur opgestel. Kontak gerus vir Francois Swart as jy enige verdere vrae oor ruimtelike riglyne het.
Portaal tot die geografiese inligtingstelsel (GIS)
Die Universiteit Stellenbosch (US) besit honderde geboue op duisende hektaar grond. Elkeen van daardie geboue bevat bates en komponente waarmee ons moet tred hou. Die internasionale geografiese inligtingstelsel (GIS) maak dít moontlik deurdat die GIS al hierdie bates oor verskeie platforms en stelsels heen karteer en die inligting op een plek konsolideer.
Vergeleke met ander universiteite in Suid-Afrika staan die US op die voorpunt met die aanwending van die GIS. Daarmee kon ons ’n reeks voorheen gefragmenteerde stelsels geslaagd saamgetrek in ’n geïntegreerde, rekenaargesteunde fasiliteitsbestuurstelsel.
 
      Kapitaalprojekte
 
      Die onderafdeling Kapitaalprojekte is onder meer verantwoordelik vir die jaarlikse en kwartaallikse verslag aan die Departement Onderwys en Opleiding (DHOO) oor vordering met alle DHOO-befondsde infrastruktuurprojekte. Hierdie onderafdeling bestuur ook aansoeke om DHOO-befondsing vir infrastruktuurprojekte by wyse van die toekenning vir infrastruktuur en doeltreffendheid.
Ontwerpsbeginsels
Die onderafdeling Ontwikkelingsbeplanning en ‑ontwerp se prioriteite:
WELSTAND
Ons ontwerp met welstand voor oë.
TRANSFORMASIE
Ons streef daarna om ’n beboude omgewing te skep wat inklusief is en universele toegang bied.
INTEGRASIE
Ons oogmerk is om geïntegreerd te beplan en met alle rolspelers saam te werk.
GESONDHEID
Ons ontwerp met die oog op optimale gesondheid.
BEWEEGLIKHEID
Ons skep buigsame en aanpasbare omgewings.
KAMPUSIDENTITEIT
Ons het agting vir die unieke ontwikkelende karakter en identiteit van die beboude omgewing.
INNOVASIE
Ons skep toekomsgerigte en innoverende ruimtes.
VOLHOUBAARHEID
Ons neem die US se volhoubaarheidsdoelwitte en strategieë in ag.
TOEGANKLIKHEID
Ons streef daarna om ’n omgewing te skep waarby ongemotoriseerde verkeer veilig geïntegreer is.
Beginsels van die Raamwerk vir Ruimtelike Ontwikkeling (RRO):
Die Universiteit Stellenbosch (US) se geïntegreerde Raamwerk vir Ruimtelike Ontwikkeling (RRO) is ’n hoëvlakriglyn vir die toekomstige ontwikkeling van die kampus as beboude omgewing. Die Afdeling Fasiliteitsbestuur (USFB) het die RRO ontwikkel as riglyn oor bepalende ruimtelike, beplannings- en institusionele faktore wanneer behoeftes rakende die US se beboude omgewing in die toekoms uitgewys word. Die RRO sit die hoëvlakstrategieë vir ruimtelike ontwerp uiteen met die oogmerk om die USFB van ’n holistiese en samehangende oorsig vir toekomstige beplanning te voorsien.
 
      Verseker kampusuitnemendheid
 
      Respekteer en bou kampusidentiteit op
 
      Skep ’n toeganklike kampus
 
      Bevorder ’n innoverende en inklusiewe kampus
 
      Vestig ’n kampus wat as volhoubaar erken word
 
      Integreer beplanning
Ontmoet die span
Francois Swart Director: Development Planning and Design
 
       
      Heinrich Arends
Senior Planner
 
      Bennie Botha
Architectural Technologist
 
      Zanne Groenewald
Building Data Administrator
 
      Jermaine Hendriks
Manager: Facilites Information
 
      Rouvé Hlozek
Manager: Campus Spaces
 
      Warren Jacobs
Senior GIS Specialist
 
      Inge Louw
Senior Planner
 
      Marita Nell
Architect
 
      Charl Taljaardt
Senior Planner
 
      Bridgitte van Dyk
Architectural Technologist
 
      Chandré van Heerden
Architectural Technologist
 
      Brandon van Rooi
Architectural Technologist
 
      Magdalena Walters
Manager: Planning & Design
 
      