Risikobestuur en Kampussekuriteit is ’n steundiensafdeling van die Universiteit Stellenbosch wat alle studente, personeel en besoekers met enige sekuriteitsverwante nood bystaan. ’n Toegespitste, goed opgeleide span patrolleer die Universiteit se terreine en bedryf ’n 24/7- operasionele lokaal wat alle noodoproepe ontvang en alle alarms en geslotebaantelevisiestelsels moniteer. Risikobestuur en Kampussekuriteit het sterk bande met veiligheids-en-sekuriteitsvennote in die breër gemeenskap en werk saam met hulle om ’n veilige omgewing vir almal te skep.
Belangrike nommers ‒ stoor hulle op jou foon:
Tygerberg-kampus
24-uur-NOODNOMMER:
021 808 2333
Tolvrye nommer:
0800 02 58 27
WhatsApp vir saamstapmetgesel:
082 808 2333
Algemene navrae:
021 808 4202
Tygerberg-kampus
24-uur-NOODNOMMER:
021 931 5111
Tolvrye nommer:
0800 00 67 67
WhatsApp vir saamstapmetgesel:
083 938 1841
Volg hierdie veiligheidswenke op kampus:
- Items wat op ’n motorsitplek lê, lok diewe. Sit dit eerder in die kattebak.
- Dra altyd ’n fluitjie en pepersproei by jou, sodat jy kan aandag trek as dit nodig is. Misdadigers verpes aandag!
- Kies die veiligste roete, selfs al is dit nie die kortste een nie. Bly in Victoria- en Bosmanstraat, waar sekuriteitsbeamptes saans in mobiele sekuriteitskiosks gestasioneer is.
- Vermy afgeleë plekke, veral as jy vroegoggend of laatmiddag gaan oefen.
- Wees bewus van jou onmiddellike omgewing. Misdadigers verkies om persone te teiken wat onbewus is van wat om hulle aangaan.
- Bly op ’n veilige afstand as ’n motoris aanwysings by jou vra.
- As jy vermoed dat iemand jou agtervolg, slaan ’n ander koers in.
- Wees ’n omgee-Matie: Moenie ’n vriend alleen laat gaan nie.
- Belê in ’n U-slot om jou fiets te beveilig en gebruik die fietsloodse op kampus.
Kampuspendeldiens
As jy na donker (18:00 tot 05:00) tussen geboue op kampus moet beweeg, of vanaf ’n gebou na jou voertuig, is daar ’n sekuriteitsbeampte beskikbaar om saam met jou te stap. Die diens is gratis.
WhatsApp 082 808 2333 om die diens te versoek. Let op: Jy kan nie na hierdie nommer toe bel nie.
As jy wil bel om die diens aan te vra, is die nommer 021 808 4891.
Ons verskaf die saamstapdiens ook op die Tygerberg-kampus. WhatsApp die Tygerberg-sekuriteitskantoor by 083 938 1841.
Veilige roetes
Kies die veiligste roete, selfs al is dit nie die kortste een nie. Bly in Victoria- en Bosmanstraat; dis die heel veiligste.
Ons het saans sekuriteitsbeamptes aan diens in die mobiele sekuriteitskiosks op hierdie roetes.
Kampuspendeldiens
Ons verskaf die volgende pendeldienste op kampus:
Bedags is vervoer vir studente beskikbaar tussen die sentrale kampus en die algemene parkeerterreine rondom die kampus.
Saans (18:00 tot 02:00) vertrek daar elke uur, op die uur, ’n pendelbussie vanaf die Neelsie (Langenhoven Studentesentrum). Dit dek die gebied binne ’n 9 km-radius vanaf die sentrale kampus. Jy móét vooraf bespreek.
Klik HIER vir meer inligting oor die kampuspendeldiens.
Stuur enige sekuriteitsverwante navrae na: [email protected]
Ontmoet die span
Studente en personeel se veiligheid en sekuriteit op kampus is van die allergrootste belang vir die Universiteit Stellenbosch (US) se span by Kampussekuriteit. Ons werk ten nouste saam met sekuriteitsvennote in die gemeenskappe rondom die US se vyf kampusse om te verseker dat almal in ’n veilige omgewing kan werk en studeer. Die goed opgeleide, toegewyde span is 24 uur per dag waaksaam om alle sekuriteitskwessies te hanteer waar en wanneer dit nodig is.
Dr Viljoen van der Walt Chief Director: Risk Management and Security
Melany le Roux
Security Systems & Intelligence Manager
Angelo Echardt
Operations Manager STB
Frans Jacobs
Operations Manager TGB
Brandon Como
Event & Security Operations Officer
Noleen Coetzee
Administration & Logistics Officer TGB
Amena Rittles
Training & Liaison Officer
Jeremy Julius
Investigation Officer
Jaco Botha
Administration & Logistics Officer
Heidi de Klerk
Administration Officer