Skip to main content

Projekbestuur

Uitgebreide Leerruimtes (ULR’e)

Totale projekbegroting: R20 400 000

Die Covid-pandemie het die Universiteit Stellenbosch se digitalisasiestrategie versnel. Die ULR-projek (vir uitgebreide leerruimtes), wat aangevulde leer werklikheid maak, het daaruit ontstaan. Die projek het in November 2020 begin as noodreaksie op die Covid-19-inperkings wat die regering ingestel het.

Die oogmerk van die projek strook ten volle met die Beleid oor Onderrig en Leer (2018): om ’n beter leerervaring vir studente te bied en terselfdertyd nuwe studentemarkte te bereik.

Deur middel van die ULR-projek is alle skeduleerbare lesinglokale toegerus met oudiovisuele toerusting en stelsels wat dosente in staat stel om hulle lesings na aanlyn studente te stroom terwyl hulle studente onderrig wat in die klaskamer teenwoordig is. ULR’e maak dit vir studente moontlik om te baat by ’n interaktiewe leerervaring wat soortgelyk aan die klaskamerervaring is. Die projek is in meervoudige fases oor die verskillende kampusse heen beplan en uitgevoer.