Stellenbosch Besigheidskool
Totale vernuwingskoste: R122 miljoen
Ons Besigheidskool-kampus in Bellville is onlangs nuut ingerig en huisves nou pragtige verbeterde ruimtes vir leer en onderrig. Die projek het die aanliggende diepwatermeer benut om ’n diepwater-verkoelingsaanleg te ontwikkel wat die fasiliteite sal verkoel en verhit. Die wêreldbekende Besigheidskool verskuif terug na Stellenbosch, waar dit op die Oude Libertas-perseel gevestig sal word. Distell het die perseel aan die Universiteit geskenk.
