Ertjieskloof Dam
Opknappingskoste: R11 miljoen
Die Universiteit Stellenbosch se Ertjieskloof Dam teen Stellenboschberg is ’n gewilde afkoelplek in die somer vir studente en inwoners van die dorp. Een van die hoofoogmerke van die opknappingsprojek wat teen die einde van 2020 begin het, was om ’n lekkasie te herstel. Die nuut opgeknapte dam kan nou 79 615m³ water hou.
