Ons doelwit:
Om te verseker dat omgewingsvolhoubaarheid een van die hoekstene in alle aspekte van die Universiteit Stellenbosch se bedrywighede, opleiding en navorsing is, is dit noodsaaklik om die kampusgemeenskap te betrek om verantwoordelikheid vir die omgewing te aanvaar.
Projekte en programme
Groen Lewe Toekennings
Die drie voedseltuine – een by Tygerberg en twee by Stellenbosch – word deur die studente bestuur. Hulle help om bewustheid te skep oor die kweek van groente en is ook plekke van ontspanning en ruimtes om gesprekke oor volhoubaarheid te voer.
Die afdeling Fasiliteitsbestuur het die voedseltuinprojek in 2018 van stapel gestuur deur 'n tuinmaakarea, saailinge en gereedskap vir studente te verskaf om hul erwe te vestig.
Groen Lewe Toekennings
Gereelde toere word gehou waartydens personeel en studente genooi word om die hoofafvalherwinningsfasiliteit op kampus, die sonfotovoltaïese installasie op die dak van die Neelsie-studentesentrum, en strukture wat deel is van die Groen Geboue-inisiatief te besoek. Die toere is daarop gemik om kampuslede in staat te stel om die agter-die-skerms-bedrywighede van hierdie verskillende inisiatiewe te ervaar en eerstehands te sien hoe individuele gedrag kan bydra tot die vermindering van die kollektiewe koolstofvoetspoor.
Groen Lewe Toekennings
Weeklikse nutsdiensteverslae word gestuur aan personeel en studente wat betrokke is by die koshuise en studentehuise om hulle in te lig oor hul nutsgebruik en om gedragsverandering te bevorder.
Groen Lewe Toekennings
’n Toekenningstelsel is geïmplementeer met studentegemeenskappe (koshuise, Privaat Studente-organisasies en universiteitshuise) om gedrag te verander om ons koolstofvoetspoor te verminder.
Wat kan jy doen om te help:
- Sluit aan by komitees en inisiatiewe om die kampus groener te maak.
- Word ’n kampioen vir volhoubaarheid en beïnvloed ander.
Kontak die Dienstoonbank (021 808 4666) vir verdere inligting of stuur ’n e-pos na [email protected].