Skip to main content

Projekbestuur

Jan Mouton Leersentrum

Adres: (kaart)

Koste: R277 miljoen

Die Jan Mouton Leersentrum stel die maatstaf vir die toekomstige ontwikkeling van geboue op Universiteit Stellenbosch- (US-)kampusse. Die Leersentrum is ’n eietydse, veeldoelige leer- en onderrigfasiliteit op die sentrale kampus. Die leerruimtes daarbinne is spesifiek ontwerp om te voorsien vir hedendaagse pedagogieë wat in die lig van interaktiewe en hibridiese leer ontwikkel het.

Die gebou is op die aansluitingspunt van die primêre sirkulasieroetes op kampus geleë en huisves voorpunt- tegnologiese infrastruktuur vir toekomsgerigte lesings, stroming, konferensies en groepwerkklasse.

Die Leersentrum het ’n klein koolstofvoetspoor, bevat ’n gryswaterstelsel en sluit by ’n regionale verkoeleraanleg vir lugverkoeling aan. Reën en grondwater word geoes en die infrastruktuur is vir ’n toekomstige fotovoltaïese installasie opgestel.