Corporate Communication and Marketing Division
Wat ons doen
Ons vertel die Universiteit Stellenbosch se storie en versterk die impak daarvan deur geïntegreerde kommunikasie-, bemarkings- en handelsmerkprogramme. Deur in noue vennootskap oor die Universiteit heen saam te werk, versterk ons die Universiteit se handelsmerk, betrek ons diverse gehore en ondersteun ons die instelling se strategiese visie.
CCMD-konsultasies
Ons kommunikasiespesialiste bied ’n wye verskeidenheid strategiese ondersteuning en kundige advies aan institusionele omgewings by ons Universiteit.
Handelsmerk- en korporatiewe identiteit
Ons lei die toepassing van handelsmerk-identiteitsriglyne deur middel van werkswinkels, hulpbronne en template, en keur alle gebruike van die Universiteit se handelsmerk goed in oorleg met Innovus, die eienaars van die Handelsmerkbeleid.
Publikasies
Ons ondersteun ons Universiteitsvennote van konsep tot produksie met die skep van publikasies wat ons Universiteit se strategiese doelwitte versterk.
Massa-e-posstelsel
Ons bied opleiding en leiding oor beste praktyke vir massa-e-posse. Die stelsel is aan alle entiteite verbonde aan ons Universiteit as ’n betaalde diens beskikbaar.
Institusionele geleenthede
Ons bied advies en praktiese ondersteuning vir Universiteitsentiteite wat spesiale geleenthede beplan en uitvoer.
Interne kommunikasie
Ons verbeter interne kommunikasie deur strategiese advies, veldtogbeplanning en leiding met die skep van doeltreffende kommunikasie.
Media en sosiale media
Ons bied media-opleiding, strategiese ondersteuning en kundige advies om personeel te help om mediageleenthede ten beste te benut. Ons adviseer ook oor sosialemedia-beplanning en beste praktyke om belanghebbendes doeltreffend te betrek.
Webbestuur
Ons help institusionele webwerwe om aan bestepraktykstandaarde te voldoen deur ontwerpadvies, tegniese ondersteuning en opleiding vir webkoördineerders te verskaf.