Skip to main content
Photo by Stefan Els

Marketing


Die Bemarkingsafdeling werk saam met kampusvennote om ons Universiteit se internasionale profiel en reputasie te versterk. Ons span lei die ontwikkeling en bestuur van die Universiteit se handelsmerk en hou toesig oor strategiese geleenthede wat die uitnemendheid, innovasie en impak van ons instelling ten toon stel.

.

Handelsmerk en korporatiewe identiteit

Ons Handelsmerk-afdeling is die amptelike bewaarder van die Universiteit Stellenbosch-handelsmerk. Ons werk in vennootskap met departemente, fakulteite, skole, sentrums, institute en eksterne belanghebbendes om ’n duidelike, konsekwente en samehangende handelsmerk oor verskeie platforms, insluitende advertensies en geleenthede, aan te bied.

Ons adviseer en lei personeel en studente deur middel van werkswinkels oor hoe om die US-handelsmerkidentiteitsriglyne toe te pas.

Ons keur ook in oorleg met Innovus, die eienaars van ons Universiteit se Handelsmerkbeleid, alle toepassings van die Universiteit se handelsmerk goed.

CCMD branding page
Image by: Photo by Stefan Els

Kontak Handelsmerk

Marguerite Cloete
Deputy Director: Brand Identity
+27 21 808 3992
Geola Bergman
Visual Communication Specialist
+27 21 808 4185
Andile Makhunga
Graphic Designer
+27 21 808 4185
Charlene Wicomb
Brand Implementation Coordinator
+27 21 808 4185
.
CCMD events page
Image by: Photo by Ubaid Abrahams

Institusionele geleenthede

Ons Geleentheidspan lewer ervarings van wêreldgehalte, van gradeplegtighede en professorale intreeredes tot die viering van uitnemendheidstoekennings, denkleierskapforums en personeelbetrokkenheid.

Ons bied ook kundige leiding aan ons Universiteitsvennote oor geleentheidsbeplanning, beleide, prosedures en protokolle.

Deur nou saam te werk met departemente, fakulteite, skole, sentrums en institute, help ons om ’n wye reeks hoë-impakgeleenthede te ontwerp en uit te voer, insluitende lesings, konferensies, virtuele byeenkomste en formele plegtighede.

Kontak geleenthede

Amira Brown
Head: Institutional Events
+27 21 808 9500
Chuma Dyakala
Events Coordinator
+27 21 808 2923