
Wolfgang Preiser—mede-ontdekker van SARS-CoV-2-variante
Die toonaangewende wetenskapjoernaal, The Lancet Infectious Diseases, het onlangs ʼn profielartikel gepubliseer oor professor Wolfgang Preiser, hoof van die Afdeling Mediese Virologie by die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Die artikel volg Preiser se betrokkenheid by die ontdekking van die SARS-coronavirus in ʼn Duitse pasiënt in 2003, asook sy bydrae tot ontdekking van die Beta- en Omicron-variante van SARS-CoV-2 in Suid-Afrika in 2021. Preiser is ook die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste (NHLS) se Afdeling Mediese Virologie, en sy laboratorium het onskatbare bydraes gelewer tot die volgordebepaling en ontdekking van SARS-CoV-2-variante, asook die reusagtige nasionale Covid-19-toetsing in Suid-Afrika, veral tydens die begin van die Covid-19-pandemie.
Lees The Lancet Infectious Diseases' se profielartikel oor prof Wolfgang Preiser hier.