
Mediese student Musiiwa Salane het die Rektorstoekenning vir Uitnemende Prestasie in Akademiese Veerkragtigheid ontvang. Hier met Christa Koch, waarnemende Hoof: Akademiese Berading en Ontwikkeling by die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling, en US se Rektor en Visekanselier, prof Deresh Ramjugernath.
US vier uitstaande studenteprestasies by jaarlikse Rektorstoekennings
- 'n Rekordgetal van 87 studente is vanjaar vir hulle uitstaande prestasies by die Universiteit Stellenbosch (US) se jaarlikse Rektorstoekennings vir Uitnemende Prestasie vereer.
- Die rooi tapyt is Donderdag (15 Oktober) by die Stellenrust-wynlandgoed uitgerol om aan studente-uitnemendheid in sy vele vorme – akademiese prestasie, leierskap, veerkragtigheid, kreatiwiteit en diens – erkenning te gee.
- Onder die suksesvolle 87 ontvangers was toekennings vir akademiese uitnemendheid oor al die fakulteite heen, asook uitstaande prestasies in leierskap, kultuur en sosiale impak en sport.
'n Rekordgetal van 87 studente is vanjaar vir hulle uitstaande prestasies by die Universiteit Stellenbosch (US) se jaarlikse Rektorstoekennings vir Uitnemende Prestasie vereer.
Die rooi tapyt is Donderdag (15 Oktober) by die Stellenrust-wynlandgoed uitgerol toe lede van die Rektoraat, topbestuur, fakulteitsdekane en studenteleiers byeengekom het om aan studente-uitnemendheid in sy vele vorme – akademiese prestasie, leierskap, veerkragtigheid, kreatiwiteit en diens – erkenning te gee. Die musikale groep Siyaphambili het die aand se vieringe ingelui met hulle lewenslustige uitvoering van gewilde liedjies wat gaste gou tussen die tafels laat dans het.
Die US se Rektor en Visekanselier, prof Deresh Ramjugernath, het voor die oorhandiging van die toekennings die aand geopen deur hulde te bring aan wyle prof Lis Lange, waarnemende Direkteur: Onderrig en Leer. Hy het haar 'n "gerespekteerde hoëronderwysleier, 'n vurige voorstander van transformasie en 'n vakkundige wat daaraan toegewyd was om leer en onderrig in Suid-Afrika te bevorder" genoem.
Hy het bygevoeg dat haar nalatenskap 'n herinnering is aan die "diepgaande verantwoordelikheid wat ons as opvoeders en leerders het", en dat elke daad van leer “'n rimpeleffek na buite kan hê om lewens, instellings en lande te verander".
Dít, het hy verduidelik, is waarom die Rektorstoekennings 'n ereplek op die US-kalender inneem. "Elke toekenning wat vanaand oorhandig word, verteenwoordig 'n verhaal van deursettingsvermoë, moed en doelgerigtheid. Hierdie verhale herinner ons daaraan dat uitnemendheid nie 'n enkele daad is nie, maar 'n konsekwente manier van wees."
Ramjugernath het besin oor die US se identiteit as 'n "universiteit wat aanhou ontwikkel" terwyl hy daarna streef om 'n balans tussen tradisie en innovasie, uitnemendheid en empatie en ambisie en menslikheid te vind, en het studente aangemoedig om voort te gaan om met doelgerigtheid en deernis te lei. "Julle gee ons baie hoop vir die toekoms," het hy gesê.
Prof Richard Stevens, waarnemende Viserektor: Leer en Onderrig, het gesê daar was vanjaar 126 nominasies en aansoeke vir toekennings. Onder die suksesvolle 87 ontvangers was toekennings vir akademiese uitnemendheid oor al die fakulteite heen, asook uitstaande prestasies in leierskap, kultuur en sosiale impak en sport. Elke fakulteit se voorste meestersgraadstudent het ook die gesogte US-medalje ontvang.
Mediese student Musiiwa Salane het die Rektorstoekenning vir Uitnemende Prestasie in Akademiese Veerkragtigheid ontvang vir die manier waarop sy persoonlike en akademiese uitdagings oorkom het om haar droom na te streef om 'n dokter te word. Christa Koch, waarnemende Hoof: Akademiese Berading en Ontwikkeling by die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling, het Salane se "stille krag" beklemtoon en haar as 'n "kragtige voorbeeld van wat dit beteken om te volhard" beskryf.
'n Emosionele Salane het ná die geleentheid gesê sy het van Upington af gevlieg om die toekenning in ontvangs te neem. "Dit beteken alles vir my, en ek wil graag my broers en susters, my kollegas en die Universiteit vir hulle erkenning bedank," het sy gesê. "Een van my grootste uitdagings was die verlies van my ma vroeër vanjaar. Ek dink nie ek is al daaroor nie, maar ek hoop sy hou my dop en dat sy baie gelukkig is."
Amber Nieuwenheyzen, voormalige tussentydse Studenteraad (SR)-ondervoorsitter vir 2024/25, het die SR-toekenning vir Uitsonderlike Prestasie aan Ayanda Mlatsha oorhandig. Mlatsha het gesê sy voel uiters geëerd om erken te word, en dat die toekenning vir haar as 'n oproep dien om voort te gaan om leiding te gee. Sy het die US beskryf as 'n universiteit wat "nie net studente nie, maar ook wêreldleiers vorm".
Vanjaar se wenners is:
Rektorstoekenning vir Uitnemende Akademiese Prestasie
Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
- Mila Guerrini
- Liza Eksteen
- Kia John Ontong
- Francis Konke Moran
- Anna Sinclair
- Megan Lambrecht
Natuurwetenskappe
- Georgia Rachel Pereira
- Reid Jody Harvey
- Jean Kerry Porrill
- Connor Ryan Christie
- Amaya Lakmeeharan
Lettere en Sosiale Wetenskappe
- Vikisha Ranchod
- Ariana Catia Cicognani
- Ashton Lee Symons
- Lerie Tredoux
- Maryn Emma Thom
- Maria Wendy Jessica Retief
- Lynne-Francis Raper
- Anna Van der Westhuizen
AgriWetenskappe
- Johanna Slabber
- Marli Kotze
- Anja Visser
Ingenieurswese
- Christo Boshoff
- Daniël Alwyn Gouws
- Gerben Visser
- Jaron Weyermüller
- Steffan Alexander Brundyn
- Danica Tarryn Altenroxel
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
- Jana Grobbelaar
- Ulrich le Roux
- Michaela Basson
- Abel Daniel Kotze
- William Alexander Horn
- Michaela Noelle van der Waag
- Simone Wessels
- Benjamin Roelofse
- Emma Martin
- Jenna Megan Turner
- Jenna Pentz
- Armand Cilliers
Opvoedkunde
- Luthando Mthembu
Regsgeleerdheid
- Chris Douglas Malherbe
- Mia van Zyl
Teologie
- Deone Boer
Krygskunde
- Chad Flynn
- Tiaan Chris van Schalkwyk
US-medalje vir die Beste Meestersgraadstudent
- AC Jansen van Rensburg MMus
- Laura Meyer MCom (Logistieke Bestuur)
- Tiaan Muller Meestersgraad in Teologie
- Stefanie Kotze LLM in Publiekreg
- Kira Lee Courtaillac MSc
- Kara Rain Janse van Rensburg MScAgri (Plantpatologie)
- Naledi Shelter Tibane MMil in Tegnologie (Tesis)
- Jessica Cormick MSc (Mensgenetika)
- Felix Schmidt Meng (Ingenieursbestuur)
Rektorstoekenning vir Uitnemende Prestasie in Leierskap, Kultuur en Sosiale Impak
Leierskap:
- Simiso Langa
- Janice Kahumuza
- Ongezwa Tshazi
- Zeane Nel
- Abongile Quthu
- Risuna Risimati
- Julia Deacon Meyer
- Toluwani Adeboye
- Dylan Adams
- Daniel Terblanche
- Hakeemah Malaykah Matinka
- Jelena Jerling
- Natasha Diseko
- Olivia Smargiasso
- Lwandisile Mhlanga
- Jana Schreuder
- Thomas Ngwenya
Kultuur:
- Jakob Holm
- Gugulethu Kembo
Sosiale Impak:
- Hamidah Rabiu
- Lize Venter
- Revando van Wyk
- Alexandra Dames
- Abigail Grace Larsen
- Perryn Heather Richardson
- Nothando Ndlovu
Rektorstoekenning vir Uitnemende Prestasie in Sport
- Daniella Mendes De Oliveira Maties Hokkie
- Jason Andrew Fogle Tennis
- Merwe Engelbrecht Roei
- Armand Johannes Samuel Combrinck Rugby
- Ehros Smith Roei
Rektorstoekenning vir Uitnemende Prestasie in Akademiese Veerkragtigheid
- Musiiwa Salane
SR-toekenning vir Buitengewone Prestasie
- Ayanda Mlatsha