Verskeie US-afdelings – insluitende die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking, Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge, Studentewerwing, die Afdeling vir Institusionele Strategie, Navorsing en Analise en die US Biblioteek- en Inligtingsdiens – het erkenning vir hulle inskrywings ontvang.
US palm 27 toekennings in by jaarlikse nasionale bemarkings- en kommunikasiegeleentheid
- Die Universiteit Stellenbosch (US) her 27 sertifikate vir uitnemendheid ingepalm het, insluitende 'n gesogte platinum-toekenning.
- Die US was een van 17 hoëronderwysinstellings van regoor die land wat verlede week by 'n glansryke geleentheid in Johannesburg vir uitstaande werk in bemarking, bevordering en kommunikasie binne die Suider-Afrika se hoëronderwyssektor erken is.
- Die US se Afdeling Ontwikkeling- en Alumnibetrekkinge het een van slegs drie platinumtoekennings vir uitnemendheid verower.
Vanjaar jaar se jaarlikse Bemarking, Bevordering en Kommunikasie in Hoër Onderwys (MACE)- toekennings vir uitnemendheid kan die beste opgesom word deur die lirieke van Frankie Valli and die Four Seasons, "Oh what a night", met die Universiteit Stellenbosch (US) wat 27 sertifikate vir uitnemendheid ingepalm het, insluitende 'n gesogte platinum-toekenning.
Die US was een van 17 hoëronderwysinstellings van regoor die land wat verlede week by 'n glansryke geleentheid in Johannesburg vir uitstaande werk in bemarking, bevordering en kommunikasie binne die Suider-Afrika se hoëronderwyssektor erken is. Verskeie US-afdelings – insluitende die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking, Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge, Studentewerwing, die Afdeling vir Institusionele Strategie, Navorsing en Analitika en die US Biblioteek- en Inligtingsdiens – het erkenning vir hulle inskrywings ontvang.
Die US se Afdeling Ontwikkeling- en Alumnibetrekkinge het een van slegs drie platinumtoekennings vir uitnemendheid verower – die #WelcomeToYourMatieFamily-handelsmerkuitbouingsveldtog het die hoogste punte behaal in die afdeling vir veldtogte.
Algeheel het die US uitsonderlik gevaar in al drie afdelings – veldtogte, kanale en vaardighede – en ook vyf goue, agt silwer- en 13 bronstoekennings gewen. (Volledige lys van toekennings hieronder)
Deur 'n kollig te plaas op "strategiese uitnemendheid, kreatiewe lewering en professionele onderskeiding", erken en vier die MACE-toekennings vir uitnemendheid die uitsonderlike werk wat bemarkings-, kommunikasie- en bevorderingspanne in die hoëronderwyssektor doen.
Vanjaar se toekenningsgeleentheid was die hoogtepunt van 'n boeiende tweedaagse konferensie met die tema Die menslike aanslag in die era van KI en sosiale media, waar kundige sprekers die belangrikheid van mensgesentreerde vaardighede soos kreatiwiteit, empatie, storievertelling en verbinding in 'n wêreld van vinnig-ontwikkelende tegnologie beklemtoon het.
Die konferensie bied aan professionele praktisyns in die hoër onderwyssektor 'n uiters waardevolle geleentheid om insigte en kundigheid in te win en ook te deel. Dit is een van slegs 'n paar platforms wat die werk erken wat deur hierdie praktisyns gedoen word om hulle onderskeie instellings te bevorder.
Vir die eerste keer het die program ook 'n mentorwerksessie vir nuwelinge (Young Blood Mentoring) vir nuwe en ontluikende professionele praktisyns ingesluit.
US se toekenninghoogtepunte
Ontwikkelings en Alumni-betrekkinge (DAR – drie toekennings)
DAR het drie toekennings ontvang, insluitende die gesogte platinumtoekenning vir hulle #WelcomeToYourMatieFamily-veldtog. Die span het ook 'n silwertoekenning vir hulle oudiovisuele inskrywing, Matie Legends and Pioneers Showmax Project en 'n bronstoekenning vir die #VolunteerPower-veldtog verower.
"Hierdie prestasies beklemtoon die afdeling se onwrikbare toewyding aan innovasie, die bou van verhoudinge en strategiese storievertelling – alles noodsaaklike pilare van bevorderingsuitnemendheid," sê Simone Davies, Produksiekoördineerder: Ontwikkeling en Alumni-verhoudinge, wat die veldtog ingeskryf het.
Studentewerwing (ses toekennings)
Die US se Afdeling Studentewerwing het met ses toekennings weggestap, insluitende twee van die vyf goue toekennings wat die aand oorhandig is – 'n noemenswaardige prestasie. Die #whoyoubecome-voorgraadse aansoekveldtog het in die studentewerwingsveldtog- én die sosiale media-kanaalkategorie goud verower. Die Afdeling het ook twee silwer- en twee bronstoekennings ontvang, wat op "'n kragtige erkenning van die uitnemendheid van voorgraadse werwingstrategieë by die Universiteit" dui, sê Christelle Feyt, Senior Direkteur: Studentewerwing.
US Biblioteek- en Inligtingsdiens (drie toekennings)
Die US-biblioteek is met 'n goue toekenning en twee bronstoekennings vereer. Die goue toekenning het aan die Biblioteek se Jaarverslag van 2023, From Local Impact to Global Firsts: SU Library’s 2023 Milestones, gegaan. Hulle het bronstoekennings ontvang vir die video-inskrywing, Discover. Connect. Learn. Succeed., en vir die uitstalling, Turning Pages: 30 Years of Democracy. Ellen Tise, Senior Direkteur: Biblioteek- en Inligtingsdiens, sê sy is uiters trots op haar span vir hulle bydrae tot hierdie prestasies.
MFM 92.6 (Institusionele Strategie, Navorsing en Analise – twee toekennings)
MFM 92.6 is die enigste kampusradiostasie wat erken is, en het 'n silwer en 'n goue toekenning gewen vir hulle 30ste verjaardagveldtog. Jacolette Kloppers, van die US se Afdeling vir Institusionele Strategie, Navorsing en Analitika (ISRA), het die inskrywings ingedien en die toekennings namens die stasie ontvang. MFM se inhoudsbestuurder, Steyn du Toit, het later hulde gebring aan die 125 voormalige MFM-aanbieders, van die klas van 1990 tot 2025, wie se herinneringe gehelp het om vorm te gee aan die impakvolle vieringsveldtog.
Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking (nege toekennings)
Die Afdeling het een goue, drie silwer- en vyf bronstoekennings oor verskeie kategorieë verower. Anél Lewis, senior joernalis, is in die Vaardigheidskategorie (Skryf vir nuus) erken vir haar storie Sweet Success wat die verhaal van 'n student vertel het wat sakkies lekkers verkoop het om uitstaande skuld te vereffen sodat sy kon gradueer. Dr Alec Basson het in dieselfde kategorie silwer ontvang vir sy artikel, Experts rally for stronger dragonfly conservation action.
Die Banners to Bags-projek het twee bronspryse – vir visuele ontwerp en videografie – gewen. Die Afdeling se Charlene Wicomb het die toekenningsgeleentheid in 'n treffende, pasgemaakte rok bygewoon wat van dieselfde herwonne baniere gemaak is. Dit het die US se toewyding aan volhoubaarheid en samewerking gesimboliseer. Twee gemeenskaps- en maatskaplike verantwoordelikheidsveldtogte, #LeadTheChangeSU en #Together for a safer campus, het ook bronspryse gewen.
Die Bemarkingspan het 'n silwertoekenning vir die prestigeryke geleentheid, A Laureate’s Dinner: Prof Pumla Gobodo-Madikizela ontvang. Ontwerper Andile Makhunga het met twee bronspryse vir digitale en visuele ontwerp weggestap.
Blanche De Vries-Bartes het silwer verower in die kategorie vir gedrukte en digitale jaarverslae vir die US se Geïntegreerde Jaarverslag 2024.
Bykomende toekennings vir die US het 'n brons vir die SDG Hub se Corina du Toit vir die SDG 2063 Impact Hub Annual Report ingesluit. Wilma Stassen van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het een silwer- en een bronstoekenning ontvang vir haar werk in die nuuskategorieë, terwyl Meggan Ceylon 'n bronstoekenning vir haar werk in die geleentheidskategorie ontvang het.
"Hierdie toekennings is 'n kragtige bevestiging van die US se strategiese benadering tot handelsmerkbou. Dit weerspieël ons toewyding aan kreatiwiteit, digitale innovasie en outentieke storievertelling, wat alles met ons visie om 'n wêreldwye mededingende, inklusiewe instelling te wees strook. Ons is trots daarop om te sien hoe ons spanne se werk nasionaal erken word en ons bly daarop gefokus om nuwe maatstawwe vir uitnemendheid in bemarking en kommunikasie in die hoër onderwys te stel," sê Cristal Peterson, Direkteur: Bemarking.
"SU se sterk prestasie by die 2025 MACE Toekennings vir Uitnemendheid beklemtoon die diepte van kundigheid, innovasie en professionele uitnemendheid waaroor ons spanne beskik. Die 27 toekennings wat aan die US toegeken is, weerspieël werk van die hoogste gehalte en dien as 'n duidelike bevestiging van die Universiteit se trajek as 'n leier op die vasteland en internasionaal," sê Tertia Kruger, Direkteur: Kommunikasie.
Die US se MACE-toekennings vir 2025:
Platinum
- Handelsmerkuitbouingsveldtogte: #WelcomeToYourMatieFamily – Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge
Goud
- Studenteverwingsveldtogte: #whoyoubecome – Afdeling Studentewerwing
- Gedrukte en digitale jaarverslae: From Local Impact to Global Firsts: SU Library’s 2023 annual report – US Biblioteek en Inligtingsdiens
- Sosiale media: #whoyoubecome: Connect. Inform.Guide. – Afdeling Studentewerwing
- Enkeldag en veelvoudige dae: MFM 92.6 – 30ste verjaardagveldtog – MFM 92.6 (Afdeling Institusionele Strategie, Navorsing en Analise)
- Skryfwerk vir nuuskanale: Sweet Success – Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Silwer
- Alumni-veldtogte: MFM 92.6 – 30ste verjaardagveldtog – MFM 92.6 (Afdeling Institusionele Strategie, Navorsing en Analise)
- Gedrukte ander publikasies: Access for Success: Undergraduate Prospectus – Afdeling Studentewerwing
- Gedrukte en digitale jaarverslae: Universiteit Stellenbosch Geïntegreerde Jaarverslag 2024 – Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
- Webwerwe: Discover. Belong. Become. – Afdeling Studentewerwing
- Geleenthede: Enkeldag en veelvoudige dae: A Laureate’s Dinner: Prof Pumla Gobodo-Madikizela – Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
- Oudio, visueel en oudiovisueel: Matie Legends and Pioneers – Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge
- Skryfwerk vir nuuskanale: Experts rally for stronger dragonfly conservation action – Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
- Skryfwerk vir nuuskanale: Save7 Life Pod Launch – Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
Brons
- Handelsmerkuitbouingsveldtogte: #VolunteerPower – Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge
- Gemeenskaps- en sosialeverantwoordelikheidsveldtogte: #LeadTheChangeSU – Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
- Gemeenskaps- en sosialeverantwoordelikheidsveldtogte: Together for a safer campus – Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
- Gedrukte en digitale jaarverslae: SDG 2063 Impact Hub Annual Report – SDG/2063 Impakhub
- Geleenthede: Enkeldag en veelvoudige dae: Hibridiese Opedag – Afdeling Studentewerwing
- Geleenthede: Enkeldag en veelvoudige dae: FMHS Postgraduate Open Day – Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
- Geleenthede: Enkeldag en veelvoudige dae: Turning Pages: 30 Years of Democracy – US Biblioteek en Inligtingsdiens
- Geleenthede: Enkeldag en veelvoudige dae: Next-Gen Maties On-campus Experience – Afdeling Studentewerwing
- Videografie: Discover. Connect. Learn. Succeed – US Biblioteek en Inligtingsdiens
- Ontwerp vir visuele kanale: Banners to Bags – Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
- Ontwerp vir visuele kanale: A Day in the Life – Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
- Skryfwerk vir artikels, dokumentêre programme en brosjures: Central Karoo InReach – Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
- Videografie: Banners to Bags-video – Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking