Skip to main content

Gradeplegtighede: 23 - 26 Maart 2026

00:00
00:00
Nie van toepassing
Gradeplegtighede: 23 - 16 Maart 2026

November Assesserings: tweede geleentheid

00:00
00:00
Nie van toepassing
November A3 Assesserings: 20/11/25 - 6/12/25

November Assesserings: eerste geleentheid

08:00
00:00
Nie van toepassing
November A2 Assesserings: 27/10/25 - 19/11/25

US-wetenskaplike ontvang R12 miljoen-toekenning vir navorsing oor gestremdheid

Dr Zara Trafford het ʼn vroeëloopbaan-toekenning van Wellcome Trust ontvang. Sy is die eerste US-ontvanger van hierdie toekenning. Haar projek fokus op gestremde jongmense in gemeenskappe met beperkte hulpbronne.

Studie bevind geurmiddels in voedsel vir Suid-Afrikaanse babas moontlik skadelik

Geurmiddels in baie verpakte kosse vir babas wat in Suid-Afrika verkoop word. Geurmiddels kan babas se eetgewoontes en gesondheid benadeel. Herevaluering van geurmiddels en strenger toepassing van etiketteringsregulasies nodig.

Google en beleidmakers sluit aan by US se Beleidsinnovasielaboratorium

Google en beleidmakers sluit aan by US se Beleidsinnovasielaboratorium om toekoms van KI in beleidmaking te ondersoek. Die Lab het onlangs 'n werkswinkel saam met Google en die Beleids- en Navorsingsdienste-tak in die Presidensie van Suid-Afrika aangebied. Deur Google te betrek, het die werkswinkel die perspektief van kundiges op die gebied van die nuutste KI-tegnologieë en -toepassings bygevoeg.

Russel Botman-gedenklesing vier tiende jaar by US

Die tiende Russel Botman-gedenklesing wat by die Universiteit Stellenbosch aangebied is, het sy nalatenskap van hoop en transformasie gevier. Die geleentheid het hulde gebring aan prof Russel Botman se blywende impak op leierskap en sosiale geregtigheid. 'n Nuwe publikasie, Dare to Hope: The Russel Botman Memorial Lectures 2014–2024, is bekendgestel.

L'Oréal-UNESCO-toekenning vir US-navorser wat mynafvaluitdagings aanpak

Dr Bambesiwe May het 'n L'Oréal-UNESCO For Women in Science-toekenning ontvang. Sy ontwikkel volhoubare raamwerke vir die bestuur van mynafval. Haar werk verminder omgewingsrisiko’s en bevorder volhoubaarheid in die industrie.

President Ramaphosa vra vir gesamentlike optrede om honger te beëindig by US se prestigegeleentheid

President Cyril Ramaphosa lewer hoofrede by die Universiteit Stellenbosch se 7de Beraad oor Sosiale Geregtigheid in Kaapstad. Beraad fokus op voedselsekerheid, klimaatsverandering en vrede as paaie na gelykheid en veerkragtigheid. President onderskryf Musa-plan vir sosiale geregtigheid en dring aan op verenigde optrede teen honger en ongelykheid.

Wêreldvoedseldag: Bevorder inheemse voedselsoorte om voedselonsekerheid, wanvoeding aan te spreek

Wêreldvoedseldag word jaarliks op 16 Oktober gevier. US-kenners het meningsartikels vir die media geskryf. Hulle beklemtoon waarom inheemse voedselsoorte bevorder moet word.
Subscribe to