Bedryf en Finansies
Prof Nicola Smit Waarnemende Uitvoerende Bedryfshoof
Bedryf en finansies lewer 'n wêreldklasomgewing; 'n plek wat met die wêreld verbind is
Die Universiteit Stellenbosch (US) is een van die wêreld se top instansies wat leer, onderrig en navorsing met ‘n groot sosiale impak lewer. Hierdie akademiese prestasies vind plaas op die Universiteit se vyf beeldskone kampusse, gekenmerk deur indrukwekkende infrastruktuur, omgewingsvriendelike bedryfspraktyke, volhoubare finansiële beplanning, die voorste tegnologiese en kommunikasiestelsels, as ook uitstekende sport- en ontspanningsfasiliteite.
Bedryfsuitnemendheid is die leiende tema vir die Verantwoordelikheidsentrum (VS) van Bedryf en Finansies en is verbind daartoe om Stellenbosch Universiteit se strategie te verwesenlik. Ons volg ‘n denkpatroon van voortdurende verbetering wat ons nog meer bewus maak en laat fokus op nuwe geleentehede om tekortkominge in ons uitgebreide aktiwiteitsportfolio die hoof te bied.
Die VS, bestaande uit Finansies, Fasiliteitsbestuur, Informasietegnologie, Innovus en Maties Sport, se fokus is die meedoënlose strewe na doeltreffendheid aan die een kant en die kweek van ‘n entrepreneurskap-kul-
tuur en verbetering aan die ander kant.
Ons hooftaak is om ‘n wêreldklasomgewing te lewer; ‘n plek wat aan die wêreld verbind is. Ons wil hierdie strategiese strewe bereik met ‘n goed-toegeruste personeelkorps, deur goeie bestuur en deur doeltreffende netwerke en vennoootskappe in stand te hou.
Prof Nicola Smit
Topstories
Ontdek stories oor ons strewe na impakvolle oplossings, die bou van leergemeenskappe wat die nuutste tegnologieë benut, en ons uitsonderlike mense.
Persverklaring
Coventry-Universiteit ken eredoktorsgraad toe aan rektor van US
Coventry-Universiteit het ’n eredoktorsgraad in die opvoedkunde toegeken aan prof Deresh Ramjugernath, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch...
Persverklaring
Loopbaandag inspireer toekomstige prokureurs om Mandela se nalatenskap te laat voortleef
Drie dekades nadat Suid-Afrika een van die wêreld se mees progressiewe grondwette aanvaar het, het meer as 150 aspirant-prokureurs by die Universiteit...
Gebeure
Neem navorsing oor volhoubare energie van proewe tot produkte
Suid-Afrikaanse navorsers behoort sukses nie net aan publikasies en patente te meet nie, maar aan die tasbare tegnologieë, ondernemings en werksgeleenthede wat...