Skip to main content
Prof. Resia Pretorius
Image by: Stefan Els

Professor Resia Pretorius is internationally recognized for her pioneering work on the role of microvascular clotting and blood dysregulation in chronic disease. Her research has identified fibrinaloid microclots that resist normal breakdown, hyperactivated platelets, and a cycle of inflammation, endothelial injury, and impaired oxygen delivery that may contribute to persistent symptoms in conditions such as Long COVID and ME/CFS.

Persverklaring Geneeskunde en gesondheid

CODA ondersteun internasionale samewerking om mikrovaskulêre navorsing in komplekse chroniese siektes te bevorder

Media, Faculty of Science
Media officer, Faculty of Science
13 Mei 2026
  • Mikrovaskulêre navorsing verskaf belangrike biologiese insigte wat kan help rigting gee aan hoe pasiënte wat met Lang-COVID, ME/CFS, en verwante siektes leef, gediagnoseer en behandel word.
  • Die Complex Disorder Alliance (CODA) sal kundiges ondersteun wat kragte saamsnoer rondom sleutelhipotesesdie om vinniger te kan bepaal watter pasiënte by behandeling kan baat vind.

Die Complex Disorders Alliance (CODA) het vandag sy steun aangekondig vir internasionale navorsingsamewerking wat fokus op die bevordering van die verstaan van mikrovaskulêre disfunksie en immuunbemiddelde stollingsprosesse in komplekse chroniese siektes, wat Lang-COVID, ME/CFS (Myalgic Encephalomyelitis/Chronic Fatigue Syndrome), en verwante toestande insluit. 

CODA befonds navorsing wat gelei word deur prof. Resia Pretorius van die Universiteit  Stellenbosch, in samewerking met dr. Mikki Tal van die Massachusetts Institute for  Technology (MIT)Die werk sal die vermoë uitbrei om mikrovaskulêre bloedvloei intyds waar te neem, en sodoende die ondersoek van stollingsverwante immuunaktiwiteit, endoteeldisfunksie en verswakte suurstofaflewering aan weefsel in hierdie toestande ondersteun.

“Hierdie toestande raak miljoene der miljoene mense, tog het ons steeds nie effektiewe behandeling vir pasiënte nie,” se Amy Rochlin, hoof- uitvoerende beampte van CODA. “Mikrovaskulêre navorsing verskaf belangrike biologiese insigte wat kan help rigting gee aan hoe ons pasiënte wat met Lang-COVID, ME/CFS, en verwante siektes leef, diagnoseer en behandel. CODA is opgewonde om kundiges soos dr. Pretorius en dr. Tal te ondersteun wat kragte saamsnoer rondom sleutelhipoteses om vinniger te kan bepaal watter pasiënte by behandeling kan baat vind.”

Professor Pretorius word internasionaal erken vir haar baanbrekerswerk oor die rol van mikrovaskulêre stolling en bloeddisregulering in chroniese siektetoestande. Haar navorsing het fibrinaloïed-mikroklonte geïdentifiseer wat normale afbreking weerstaan, asook hiper-geaktiveerde bloedplaatjies, en ’n siklus van inflammasie, endoteelskade en verswakte suurstofaflewering wat kan bydra tot aanhoudende simptome in toestande soos Lang COVID en ME/CVS.

“Ek is opgewonde om saam met CODA en dr. Tal en haar span by MIT te werk,”  sê prof. Pretorius. “CODA se ondersteuning van hierdie samewerkingsinisiatief skep ’n unieke geleentheid om ontdekkings vir pasiënte te versnel. Dit stel ons in staat om te fokus op die bevordering van navorsingsbevindinge en dit vinniger in kliniese sorg te vertaal. CODA is ’n innoverende navorsingsorganisasie wat ’n diep biologiese en multisistemiese benadering tot komplekse chroniese siektes volg, en hierdie vennootskap bring die kundigheid byeen wat nodig is om hierdie komplekse siektes beter te verstaan.” 

Dr. Michal “Mikki” Tal is ’n baanbreker-immuno-ingenieur by MIT wie se werk die manier hoe geneeskunde infeksie-geassosieerde chroniese siekte verstaan, hervorm, deur  immunologie, ingenieurswese, en kliniese wetenskap op ’n sisteemvlakbenadering te verenig. As ’n hoofwetenskaplike en leier van die Tal-navorsingsgroep staan sy aan die hoof van die MAESTRO-studie, een van die grootste en mees omvattende kliniese inisiatiewe by MIT, wat diep multimodale data integreer om vas te stel hoekom sommige individue nie herstel van infeksies soos Lyme-siekte en COVID-19 nie. Haar navorsing daag tradisionele siekte-silo’s uit deurdat sy fokus op gedeelde immuunmeganismes oor verskillende siektetoestande heen, insluitend geslagsgebaseerde verskille in immuunrespons en die biologiese drywers van aanhoudende hardnekkige simptome, terwyl sy voorspellende diagnostiek en geteikende terapieë vir komplekse chroniese siektes bevorder. 

Tesame weerspieël hierdie samewerking CODA se verbintenis tot die ondersteuning van die beste wetenskaplikes en die bevordering van gekoördineerde pogings wat ooreenstem met die omvang en kompleksiteit van komplekse chroniese siektes. 

Oor CODA

Die Complex Disorders Alliance (CODA) is ’n 501(c)(3) siektenavorsingstigting sonder winsbejag wat hoë-impak neuro-immuunnavorsing bevorder om uitkomste vir pasiente met komplekse siektetoestande te verbeter. Besoek complexdisorders.org vir meer inligting.

Verwante stories