Belangrike opdaterings vir universiteitsbestuurde Windows-toestelle
- Universiteitsbestuurde Windows-toestelle sal nou meer konsekwente sagteware-opdateringskennisgewings ontvang om te help om stelsels veilig te hou.
- Opdaterings is vinnig, begeleid en mag vereis dat jy toepassings (toeps / apps) toemaak of jou toestel herbegin.
- Voltooi opdaterings betyds om herhaalde herinnerings te vermy.
Die Afdeling Informasietegnologie verbeter die manier waarop sagteware-opdaterings op universiteitsbestuurde Windows-toestelle afgelewer word om te verseker dat toestelle veilig, betroubaar en op datum bly met minimale ontwrigting van jou werk. Dit is een van die eenvoudigste maniere om teen sekuriteitsrisiko’s beskerm te bly. Opdaterings help ook om te verseker dat toepassings soos Outlook, Teams en webblaaiers behoorlik bly werk.
Wat dit vir jou beteken
Van tyd tot tyd mag jy ’n eenvoudige boodskap op jou universiteitsbestuurde Windows-toestel ontvang wat jou vra om ’n toepassing op te dateer.
Hierdie boodskappe sal duidelik aandui watter toepassing opgedateer moet word en jou lei oor wat om volgende te doen. Die meeste opdaterings neem slegs ’n paar oomblikke en kan met ’n paar klikke voltooi word, sonder hulp van IT.
Sommige opdaterings mag jou vra om ’n toepassing soos Outlook of Teams toe te maak. In sommige gevalle mag jy jou toestel moet herbegin om die opdatering te voltooi.
Wat jy moet doen
Wanneer jy ’n opdateringsboodskap sien:
- Volg die instruksies op jou skerm
- Voltooi die opdatering wanneer jy gevra word
- Herbegin jou toestel indien versoek
Om opdaterings betyds te voltooi help om herhaalde herinnerings te voorkom.
Benodig jy hulp?
Indien jy onseker is of probleme ondervind, volg die instruksies op die skerm of teken ’n navraag op die ICT Partner Portal aan.
Wees veilig saam
Om universiteitsbestuurde Windows-toestelle op datum te hou is ’n belangrike deel van die beskerming van die Universiteit Stellenbosch se stelsels en data. Dankie dat jy jou deel doen om ons digitale omgewing veilig en betroubaar te hou.