Meet your SRC 2025/2026! In the top row from the left are: Thandolwethu Noinyane, Amahle Ndwalane, Munyai Lushaka Calvin, Ofentse Ledwaba, Natalie Nortje, Fawaaz Cupido, Arnold Ntumvi-Nguti and Sanelisiwe Tsawulwayo. In the second row from the left are: Karabo Motsitsi, Katlego Motale, Pulane Mtshali, Emilio Botes, Jack Kroukamp, Elbun Lambrechts, Ben Anderson and Tyrese Human. In the bottom row from the left are: Sinawo Sangovana, Kaylin Kotze, Chinasa Jessica Chukwuyem, Chavan Martin, Buhle Mpanza, and Johan Weideman.
Ontmoet die lede van die Studenteraad 2025/2026
- Die Studenteraad (SR) 2025/2026 is onlangs by ’n plegtigheid ingehuldig om die inkomende lede te bevestig en die uitgaande lede te huldig.
- Vanjaar se SR bring ’n uiteenlopende groep individue byeen met ’n “gemeenskaplike visie vir die opbou van ’n meer inklusiewe, betrokke en responsiewe kampusomgewing”.
- Die SR is daarop gefokus om studentebelange te verteenwoordig, te verseker dat studentestemme op alle institusionele vlakke gehoor word, en om aktief te werk aan die verbetering van die oorhoofse studente-ervaring vir alle studente.
Die Studenteraad (SR) 2025/2026 is onlangs by ’n plegtigheid ingehuldig om die inkomende lede te bevestig en die uitgaande lede te huldig. Aan die kern van die nuwe span se missie is die voorneme om “die studentekorpus met integriteit, verantwoordbaarheid en doelgerigtheid te dien”.
“Ons rol is om studentebelange te verteenwoordig, te verseker dat studentestemme op alle institusionele vlakke gehoor word, en om aktief te werk aan die verbetering van die oorhoofse studente-ervaring,” verduidelik mnr Ofentse Ledwaba, Sekretaris-Generaal en Kommunikasiebeampte van die SR.
Hy verklaar dat vanjaar se SR ’n uiteenlopende groep individue byeen bring met ’n “gemeenskaplike visie vir die opbou van ’n meer inklusiewe, betrokke en responsiewe kampusomgewing”.
Om hierdie rede sal die SR fokus op studentewelstand, akademiese steun, transformasie en die versterking van kommunikasie tussen studente en Universiteitstrukture. Hy voeg by dat hulle doel is “om nie slegs die uitdagings waarvoor studente te staan kom, aan te pak nie, maar om ook geleenthede te skep wat die studentelewe binne en buite die klaskamer verryk”.
“Ons besef die verantwoordelikheid wat aan ons toevertrou is en is daartoe verbind om deursigtigheid in ons werk te handhaaf, terwyl ons sinvolle omgang met die studentegemeenskap aankweek. Regdeur die oorblywende termyn kan studente gereelde nuus, inisiatiewe en platforms wat deelname en dialoog aanmoedig, verwag,” voeg Ledwaba by.
Me Pulane Mtshali
Voorsitter
E-pos: [email protected]
Mnr Emilio Botes
SR Uitvoerende Lid
Ondervoorsitter en Sport Portefeulje
E-pos: [email protected] / [email protected]
Mnr Ofentse Ledwaba
SR Uitvoerende Lid
Sekretaris-Generaal en Kommunikasiebeampte
E-pos: [email protected]
Mnr Sinawo Sangovana
SR Uitvoerende Lid
Tesourier-Generaal en Studente-toegang
E-pos: [email protected]
Me Buhle Mpanza
Algemende Uitvoerende Beampte: Sosiale Impak
E-pos: [email protected]
Me Sanelisiwe Tsawulwayo
Algemene Uitvoerende Beampte: Handelsmerkskepping en Sigbaarheid
E-pos: [email protected]
Mnr Johan Weideman
Transformasie en Veeltaligheid
E-pos: [email protected]
Mnr Ben Anderson
KuKo
E-pos: [email protected] / [email protected]
Mnr Jack Kroukamp
Bestuurder: Veiligheid en Sekuriteit
E-pos: [email protected]
Me Kaylin Kotze
Studentewelwees-bestuurder
E-pos: [email protected]
Mnr Elbun Lambrechts
Innovasiebestuurder
E-pos: [email protected]
Me Karabo Motsitsi
Navorsing- en databestuurder
E-pos: [email protected]
Me Amahle Ndwalane
Volhoubaarheid Portefeuljebestuurder
E-pos: [email protected]
Me Chavan Martin
Nagraadse Portefeuljebestuurder
E-pos: [email protected]
Me Chinasa Jessica Chukwuyem
Vroue- en Queerbemagtiging Portefeuljebestuurder
E-pos: [email protected]
Me Thandolwethu Noinyane
SR Ex officio, Tygerberg Studenteraad (TSR) Voorsitter
E-pos: [email protected]
Mnr Munyai Lushaka Calvin
SRC Ex officio, Militêre Akademie Studenteraad (MASR) Studentekaptein
E-pos: [email protected]
Mnr Tyrese Human
Voorsitter: Akademiese Belangeraad (ABR)
E-pos: [email protected]
Me Katlego Matale
SR Ex officio: Voorsitter van die Verenigingsraad (VR) en Internasionale Studente/Internasionalisering
E-pos: [email protected] / [email protected]
Mnr Arnold Ntumvi-Nguti
Voorsitter: Primkomitee (PK)
E-pos: [email protected]
Me Natalie Nortje
Ondervoorsitter: Primkomitee (PK) en SR Beleidsbeampte
E-pos: [email protected]
Mnr Fawaaz Cupido
Senior Primkomitee Voorsitter
E-pos: [email protected]