Skip to main content
A photo of students in London exploring the city
Image by: Created in Canva.
Persverklaring Kampuslewe Institusionele nuus

Groei as ’n studenteleier deur om die Abe Bailey-oorsese reisbeurs aansoek te doen

Lynne Rippenaar-Moses
Communications Coordinator, Responsibility Centre: Dean of Students
30 April 2026
  • Die Verantwoordelikheidsentrum: Studentedekaan (VS) aanvaar nou aansoeke vir die gesogte Abe Bailey-reisbeurs.
  • The bursary offers third-year students and above, as well as junior lecturers across South Africa the opportunity to visit the United Kingdom (UK) from 25 November to 17 December 2026. Die beurs bied studente in hulle derde jaar en hoër, en ook junior dosente regoor Suid-Afrika, die geleentheid om die Verenigde Koninkryk (VK) van 25 November tot 17 Desember 2026 te besoek.
  • Akademies sterk aansoekers, met bewese goeie leierskapsvaardighede, ’n verbintenis tot diensbaarheid en die vermoë om op kampus en verder ’n impak te maak, word aangemoedig om aansoek te doen.

Die Verantwoordelikheidsentrum: Studentedekaan (VS) kondig aan dat aansoeke om die gesogte Abe Bailey-reisbeurs, wat aan studente in hulle derde jaar en hoër, en ook aan junior dosente regoor Suid-Afrika, die geleentheid bied om die Verenigde Koninkryk (VK) van 25 November tot 17 Desember 2026 te besoek, nou oop is.

Die Abe Bailey Trust is verbind tot die bemagtiging van leiers van die toekoms. Akademies sterk aansoekers, met bewese goeie leierskapsvaardighede, ’n verbintenis tot diensbaarheid en die vermoë om op kampus en verder ’n impak te maak – en wat gereed is om hulle vaardighede, geesdrif en doelgerigtheid tot ’n dinamiese, hoogs geskoolde groep by te dra – word aangemoedig om aansoek te doen.

As jy daarin belang stel om aansoek te doen en aan die kriteria voldoen, klik gerus die onderstaande skakels om die volgende dokumente af te laai:

LET WEL: Jy moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees en oor ’n geldige Suid-Afrikaanse paspoort beskik om aansoek te doen. 

Aansoekvereistes 

  • Moet akademies sterk en op koers wees om jou graad in die minimum vereiste tydperk af te handel
  • Beskik oor buitengewone leierskapseienskappe
  • Moet in die derde of hoër studiejaar wees
  • Moet 25 of jonger wees aan die begin van die toer
  • Moet vlot genoeg in Engels wees om sinvol met mede-toerlede en ander persone wat oorsee ontmoet sal word, om te gaan
  • Moet fisies fiks wees om aan staptoere deel te neem, en aan ’n intensiewe program van aktiwiteite deel te neem
  • Moet vir die VOLLE duur van die toer beskikbaar wees
  • ’n Persoonlike brief met die beweegrede vir jou aansoek om hierdie reisbeurs en wat uiteensit hoe jy die doelwitte daarvan sal bereik
  • ’n Bygewerkte, bondige CV, wat nie die inligting wat reeds op die persoonlike inligtingsblad ingevul is, herhaal nie
  • Twee onlangse verwysingsbriewe wat handel oor jou geskiktheid om die beurs se doelwitte te bereik
  • Afskrifte van jou ID en akademiese rekord
  • Afskrifte van universiteitsmeriete-/-prestasiesertifikate (tot vyf beperk)
  • Opsomming van jou leierskapsrolle en maatskaplike en gemeenskapsdiens op universiteit en in jou gemeenskap
  • Kort uiteensetting van die datums en doel van vorige besoeke aan die VK
  • Bevestiging van GELDIGE SA paspoort

Sluitingsdatum vir aansoeke: Woensdag 06 Mei 2026 teen 16:00. Geen aansoeke, met inbegrip van aansoeke met onvolledige dokumente, wat ná die sperdatum ontvang word, sal aanvaar word nie.

Sodra jy die persoonlike inligtingsblad ingevul en al die tersaaklike dokumente bymekaar gekry het, e-pos dit asseblief aan dr Heidi October, Hoof: Frederik Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling en Adjunk-Direkteur (Leierskap) in die Sentrum vir Studentelewe en -leer, by [email protected].

BELANGRIK: Kopieer asseblief vir me. Audrey Poole by [email protected] in ALLE KORRESPONDENSIE met dr October.

Jy kan ook die webwerf van die Abe Bailey Trust by www.abebailey.org besoek vir meer inligting.

Verwante stories