Reserweriglyne vir doserende personeel
Kursusleeslyste in Moodle-diens
Die Biblioteek- en Inligtingsdiens is besig om die lyste met reserwemateriaal na Kursusleeslyste in Moodle, wat maklike toegang aan studente bied, om te skakel. Kursusleeslyste stel jou in staat om leeslyste direk binne Moodle te bou en te bestuur. Gebruik Kursusleeslyste om vinnig en maklik diverse materiaaltipes, insluitende die Biblioteek se gedrukte en elektroniese materiaal, asook klasnotas en webbronne by jou leeslys te voeg. Help die Biblioteek om die lyste met reserwemateriaal na Kursusleeslyste in Moodle om te skakel deur hierdie stappe te volg.
Begin 'n nuwe kursusleeslys
Om 'n nuwe Kursusleeslys in Moodle te begin, volg die 3 maklike stappe.
Reserwediens
Die hoofdoel van die reserwediens is om vir kort periodes toegang tot materiaal wat dikwels gebruik word te verskaf, ten einde te verseker dat dit vir ’n groot groep kliënte toeganklik is.
Aanbevole leesmateriaal vir reservering
- Slegs aanbevole leesmateriaal mag vir studente gereserveer word.
- Weens die beperkte grootte van die afdeling word aanbeveel dat die 7-DAG-LEEN- of die 24-UUR-LEEN- fasiliteit gebruik word.
- Boeke mag slegs vir 'n spesifieke program en slegs vir die duur van die program gereserveer word.
- Die reserwe afdelings is nie verantwoordelik vir die vervanging van gesteelde of verlore reserwemateriaal nie.
Hoe om materiaal te laat reserveer
- Doserende personeel, of hul assistente, verskaf alle reserwemateriaal aan die afdeling.
- Alle boeke moet deur 'n voltooide reserveringsvorm vergesel wees.
- Gedrukte reserveringsvorms is ook by die Reserwe-afdelings van die Universiteit Stellenbosch Biblioteek en die onderskeie takbiblioteke beskikbaar.
- Voltooide vorms en materiaal moet TWEE DAE voor die opdrag aan die Reserwe-afdeling verskaf word, om voldoende tyd toe te laat vir die prosessering van die materiaal.