Aanvraagvorm vir interbiblioteeklenings
Gebruik hierdie aanlyn aanvraagvorm om items aan te vra wat nie by die US-biblioteke beskikbaar is nie en waarvoor jy die besonderhede het. Hierdie diens is slegs vir US-studente en -personeel beskikbaar.
Belangrik
- Sien aanwysings oor hoe om artikels te vind in die Vind, kry toegang en gebruik inligtingsgidse; OF vra jou fakulteitsbibliotekaris vir hulp om die beskikbaarheid van items by die US-biblioteke na te gaan, voordat jy 'n interbiblioteekleningsaanvraag doen
- Nasionale interbiblioteeklenings is gratis, maar vanaf 1 Augustus 2025 kan jy gevra word om vir internasionale aanvrae te betaal. Jy sal per e-pos in kennis gestel word indien dit op jou versoek van toepassing is voor ons die dokument aanvra. Vir kostes, kontakbesonderhede en meer inligting, sien Interbiblioteeklenings.
- US-biblioteke sal nie boeke aanvra wat in ons versameling is, of aan 'n ander kliënt geleen is of slegs vir gebruik in die biblioteek beskikbaar is nie. Indien kliënte nie kan wag vir die items om beskikbaar te raak nie, is hulle welkom om die boek aan te vra en self die koerierkoste te dek.
- Gaan na "Pickup location" om die biblioteek te kies waarheen die item gestuur moet word.
- Jy sal 'n e-pos kry om jou in kennis te stel wanneer die item beskikbaar is.