Skip to main content

Interbiblioteeklenings

Wat kan ek aanvra?

Boeke, tesisse of hoofstukke uit boeke

Indien 'n boek nie by een van die biblioteke van die Biblioteek- en Inligtingsdiens beskikbaar is nie, kan dit deur middel van interbiblioteeklenings van ander biblioteke in Suid-Afrika of oorsee aangevra word.

Spesiale versamelings, Reserwe en Naslaanboeke is slegs vir in biblioteekgebruik en mag vir navorsingsdoeleindes gebruik word. Skandeer of kopiëring word binne die perke van kopieregregulasies toegelaat.

US-biblioteke versoek nie boeke wat in die US-versameling(e) is nie. Indien kliënte nie kan wag totdat die boek beskikbaar is nie, is hulle welkom om dit via interbiblioteeklenings aan te vra indien hulle bereid is om self enige koerierkoste te dek.

Tydskrifartikels

US-kliënte op Stellenbosch wat artikels - wat nie elektronies beskikbaar is nie - vanaf een van die takbiblioteke op Stellenbosch benodig, moet self na die betrokke biblioteek gaan om dit te kry.

US-kliënte wat artikels - wat nie elektronies beskikbaar is nie - vanaf 'n biblioteek op 'n ander kampus (Stellenbosch of Tygerberg) as waar die kliënt is benodig, mag die artikels van hul kampusbiblioteek aanvra.

Wat kos dit?

Nasionale kosteHierdie diens is gratis beskikbaar; neem egter asseblief kennis dat US Biblioteke nie boeke aanvra wat reeds in ons versameling beskikbaar is nie. Indien kliënte nie kan wag totdat die boek beskikbaar is nie, is hulle welkom om dit via interbiblioteeklenings aan te vra indien hulle bereid is om self enige koerierkoste te dek.
Internasionale kosteArtikels: R280.00 per artikel
Hoofstukke uit boeke: R280.00 per hoofstuk
Boeke: R500.00 per boek
BetalingsprosedureSnapScan, EFT of interdepartementele oordrag d.m.v. 'n SUNFin-joernaal.
Bankbesonderhede en ander inligting sal per e-pos verskaf word wanneer nodig.

 

Kontak ons

Universiteit Stellenbosch Biblioteek
Lorenda Boyd
+27 21 808 4872
Ingenieurs en Bosbou
Natashia Arendse
Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
Tracey Louw
+27 21 938 9492
Musiek
Sonette le Roux
+27 21 808 2337

Inligting vir ander biblioteke

  • Fotokopieë van tydskrifartikels, konferensie-dokumente en hoofstukke uit boeke.
  • Boeke mag deur Suid-Afrikaanse biblioteke aangevra word (ons leen nie boeke aan internasionale biblioteke nie).
  • Die SUNScholar URL van US-meesters en doktorale tesisse sal gratis aan aanvraagbiblioteke, beide nasionaal en internasionaal, verskaf word.
  • Ons leen geen oudiovisuele items aan biblioteke nie.
  • Article Exhange (‘n sagtewareprogram) is die standaard elektroniese leweringsmetode vir artikels.
  • Faks- of posaflewering is aanvaarbaar in gevalle waar biblioteke nie die nodige geriewe het om artikels elektronies te stuur of te ontvang nie.
  • Boeke word per pos gestuur of kan deur die aanvraagbiblioteek afgehaal word.
  • Die leentydperk van ‘n boek is 8 weke.
  • Geen hernuwing word toegestaan nie.
  • Biblioteke sal op ‘n swartlys geplaas word indien hulle nie ag slaan op herroepkennisgewings of rekeninge nie.
  • Die aanvraagbiblioteek is vir die vervanging van ‘n verlore of beskadigde boek verantwoordelik.
  • Tensy biblioteke ‘n wedersydse geen-tarief-ooreenkoms het, sal fooie soos vasgestel deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Biblioteek (SANB) vir interleningsdokumente gehef word.
  • Betaling, volgens die SANB se prysstruktuur, sal op fotokopieë wat die normale standaard oorskry, gehef word.
  • Biblioteke wat nie aanlyn is nie, mag nasionale koeponne as betaling gebruik.
  • Die tarief vir tydskrifartikels of hoofstukke uit boeke vir internasionale versoeke is $20.00.
  • IFLA-bewyse en IFM word aanvaar.