Skip to main content

Afkampusdokumentlewering

 Vir US-geregistreerde studente en personeellede is 'n groot hoeveelheid elektroniese publikasies in volteks beskikbaar van buite die kampus via die biblioteek se tuisblad. Tik jou soekterme in die soekboks OF kies Databasisse, E-tydskrifte of US-navorsingsuitsette vanaf die VIND-spyskaart. Teken aan met jou US-gebruikersnaam en -wagwoord.

Sien Afkampus- elektroniese toegang vir meer inligting.

Addisioneel tot afkampus e-toegang tot al die e-bronne waarop die biblioteek inteken, kan voorgraadse en nagraadse studente (geregistreerd en voornemend) wat nie op die kampus woon nie, teen betaling harde kopieë uit die biblioteekvoorraad aanvra vir aflewering. 

Doen aansoek


Stuur die volledige bibliografiese besonderhede van boeke, tesisse of tydskrifartikels aan die kontakpersone (sien hieronder) vir afkampusdokumentlewering per e-pos.

Koste

Standaardfooie word vir fotokopiëring, pos- en koerierdienste gehef en die student se universiteitsrekening word daarmee gedebiteer.


Vrae en antwoorde

Die biblioteek het korrekte kontakbesonderhede nodig om items te laat aflewer en die koste van aflewering in te vorder. Studente wat aansoek gedoen het is ook geregtig op 'n langer uitleenperiode van 2 maande. 

Die biblioteek stuur nie biblioteekboeke na ander lande nie. Versoeke vir afskrifte van bladsye uit boeke (onderhewig aan kopieregwetgewing) en tydskrifartikels kan wel gerig word aan die kontakpersone.

'n Versoek kan gerig word vir 'n toestemmingsbrief vir uitleenlidmaatskap en toegang na ander Suid-Afrikaanse Universiteitsbiblioteke. Sien Besoek en gebruik ander universiteitsbiblioteke. 

  • Al die dienste soos beskryf in die voorgraadse, nagraadse en voornemende nagraadse gidse is ook vir afkampusstudente beskikbaar.
  • Fakulteitsbibliotekarisse kan gekontak word vir navorsingsondersteuning, hulp met die soek van inligting, verwysingstegnieke en biblioteekopleiding.
  • Boeke kan ook uitgeleen of terugbesorg word by die Universiteit Stellenbosch Biblioteek en takbiblioteke wanneer 'n afkampusstudent Stellenbosch besoek.

Hoe werk dit?

Om teleurstelling te voorkom, word studente wat vir afkampusdokumentlewering aansoek gedoen het, en die biblioteek in persoon vir bystand besoek, aangemoedig om afsprake met die kontakpersone te maak. Die kontakpersone sal:

  • dokumente deur interbiblioteeklenings elders aanvra, indien nodig;
  • bladsye fotokopieer en skandeer (onderhewig aan kopieregwetgewing);
  • boeke op die student se biblioteekrekord uitreik;
  • elektroniese tydskrifartikels en geskandeerde fotokopieë per e-pos aanstuur;
  • boeke vanaf die Universiteit Stellenbosch en Teologie biblioteke volgens die student se voorkeur, per geregistreerde pos aanstuur;
  • boeke vanaf die Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Biblioteek per geregistreerde pos aanstuur.
     

Afhaal van biblioteekmateriaal

Afkampusstudente moet self die biblioteekmateriaal by die poskantoor afhaal en weer vóór die vervaldatum hernu of by die biblioteek terugbesorg, hetsy persoonlik of per geregistreerde pos.

Uitleenperiode

Studente wat aansoek gedoen het vir afkampusdokumentlewering ontvang 'n langer uitleenperiode van 2 maande. 

Hernu materiaal aanlyn

Boeke kan twee keer hernu word, tensy dit deur 'n ander kliënt bespreek is. Meer inligting is beskikbaar op die Hernu-bladsy onder Uitleen. 

Kontak ons

Thulani Faleni
+27 21 808 2275 (​kantoorure: Ma - Vr: 08:00 - 16:30)
Universiteit Stellenbosch Biblioteek
Tracey Louw
+27 21 938 9492 (kantoorure: Ma - Vr: 08:00 - 16:30)
Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
Theresa Jooste
+27 21 808 3252 (kantoorure: Ma - Vr: 08:00 - 16:30)
Teologie