Navorsingsdatabestuur
Wat is navorsingsdatabestuur?
Navorsingsdatabestuur is 'n proses wat visueel uitgebeeld kan word deur 'n model wat bekendstaan as die Navorsingsdatabestuursiklus. Sien die diagram op regterhand vir 'n kort beskrywing van elke fase in hierdie siklus.
Waarom navorsingsdatabestuur?
- Die voordele van publiek-befondsde navorsing behoort terug te vloei na die publiek
- Bestuur van navorsingsprojekte op 'n meer doeltreffende wyse
- Nakoming van die navorsingsfinansieringsmandaat
- Nakoming van wetlike en etiese vereistes
- Om die herhaalbaarheid en herbruikbaarheid van navorsingsbevindinge te vergemaklik
- Duplisering van navorsingspogings kan verminder word – saam met die gepaardgaande koste
- Validering van voorheen gepubliseerde navorsing