Navorsingsdatabestuur-dienste
Adviserende dienste
Konsultasie in terme van die volgende kwessies:
- Skep van databestuursplanne
- Bestuur van navorsingsdata tydens die navorsingsproses
- Bestuur van navorsingsdata na afloop van die navorsingsproses
- Metodes vir die deel, beskikbaarstelling en verspreiding van data
- Gepaste platforms vir die deel, beskikbaarstelling en verspreiding van navorsingsdata
Opleidingsessies
Twee geskeduleerde sessies word aangebied:
- Oorsig oor navorsingsdatabestuur
- Beskikbaarstelling en verspreiding van data
Opleidingsessies vir spesifieke departemente of belangegroepe kan versoek en gereël word.
Navorsingsdatabestuur Avontuurspeletjie
Die Biblioteek in samewerking met die Universiteit van Bath het ‘n Navorsingsdatabestuur Avontuurspeletjie ontwerp met die doel om navorsers meer te leer oor navorsingsdatabestuur op ‘n prettige en vermaaklike wyse. Dit is ‘n teksgebaseerde fiktiewe ernstige speletjie met elemente van rolspel, gebaseer op die databestuursuitdagings van ‘n navorsingsprojek. Dit is ‘n aanlyn speletjie waar spelers hul eie avontuur kies deur ‘n gesimuleerde navorsingsprojek wat die volgende stappe dek: navorsingsdatabeplanning; inwin van data, organisering van data, beskrywing van data and publikasie. Tydens die spel word navorsingsuitdagings telkens teëgekom.
SUNScholarDataSUNScholarData is die institusionele navorsingsdata-bewaarplek van die Universiteit Stellenbosch. Dit bied ’n veilige platform vir die registrasie, berging, deling en verspreiding van navorsingsdata wat onder die vaandel van die universiteit gegenereer is. Die bewaarplek ondersteun goeie navorsingsdatabestuurspraktyke en bevorder vindbaarheid, toeganklikheid, interoperabiliteit en herbruikbaarheid (FAIR-beginsels). Hoekom jy SUNScholarData moet gebruik
Sleutelkenmerke
Datakurasiedienste
|
Aangedryf deur Figshare
Selfhelpgidse
- Hierdie gids ondersteun die gebruik van die SUNScholarData-institusionele navorsingsdata-bewaarplek.
- Hierdie gids bied ’n rykdom van inligting rakende die bestuur van navorsingsdata.