Hulpmiddel vir Navorsingsdatabestuur (SunDMP)
Navorsers kan die volgende sagteware toepassing vir navorsingsdatabestuurbeplanning gebruik om databestuursplanne te skep:
Navorsingsdatabestuursbeplanning
Die beplanning van navorsingsdatabestuur is 'n proses waartydens navorsers beskryf hoe hulle beplan om data tydens navorsingsprojekte en na afloop daarvan te bestuur.
- Hierdie proses word deur die gebruik van databestuurplanne gefasiliteer.
- Databestuursplanne is dokumente wat beskryf hoe data tydens navorsingsprojekte gebruik en/of geproduseer word.
- Databestuursplanne moet tipies as deel van befondsingsaansoeke ingedien word.
- US Regulasies vir Navorsingsdatabestuur
Wat is in 'n databestuursplan?
Databestuursplanne verskaf inligting rondom die wyse hoe navorsers beplan om spesifieke aspekte met betrekking tot die navorsingsdatabestuursiklus te hanteer. Dit sluit in die voorsiening van beskrywings van die volgende aspekte:
- Hoe navorsingsdata ingesamel, gegenereer of geskep word.
- Hoe navorsingsdata geprosesseer en geanaliseer word.
- Hoe navorsingsdata gedeel en/of versprei word.
- Maatreëls vir die fasilitering van die hergebruik van navorsingsdata.
Vereistes
Befondsing
- Verskeie entiteite wat navorsing befonds vereis dat navorsers navorsingsbestuursplanne as deel van befondsingsaansoeke indien.
- In sommige gevalle word hierdie planne tydens die navorsingsproses heringedien.
- Navorsers behoort verskillende befondsingsbeleide van verskillende entiteite te bestudeer om uit te vind watter spesifieke voorwaardes en vereistes gestel word.
Uitgewer
- Sommige uitgewers vereis dat navorsers onderneem om hul navorsingsdata te deel en beskikbaar te stel.
- Navorsers behoort die databeleide van verskillende joernale tee bestudeer ten einde uit te vind wat hul onderskeie vereistes behels.
Universiteit
- Die Universiteit Stellenbosch vereis dat sy navorsers die SunDMP-platform vir die skep van databestuursplanne gebruik.