Breadcrumb
Carnegie Navorsingsruimte
Carnegie Navorsingsruimte
Die hoofdoel van die Navorsingsruimte is om 'n bydrae te lewer tot die suksesvolle afhandeling van nagraadse studie en verhoogde navorsingsuitsette deur 'n omgewing te skep wat bevorderlik is vir navorsing en deur dienste te lewer wat direk gerig is op die navorsingsaktiwiteite van nagraadse studente en navorsers.
Die fasiliteit is gereserveer vir magister- en doktorale studente asook akademiese en administratiewe personeel van die Universiteit Stellenbosch en toegang tot die fasiliteit word beheer. ‘n Studente-/personeelkaart van die Universiteit word benodig vir toegang tot die Carnegie Navorsingsruimte.
Openingsure
Die biblioteekure word volgens die vereistes van die akademiese jaar aangepas.
Waar vind jy ons
Universiteit Stellenbosch Biblioteek, onderste vlak.
Contact us
Dienste
- Toegewyde navorsingsondersteuning
- Toegang tot elektroniese bronne
- Persoonlike bystand deur opgeleide bibliotekarisse
- Dienste deur fakulteitsbibliotekarisse vir onderwerpspesifieke bystand en leiding
- Deurlopende konsultasie- en samewerkingsgeleenthede met verwante vennote vir deskundige navorsingsondersteuning
- Werkswinkels en aanbiedings gerig op die verbetering van akademiese skryfvaardighede en navorsingstegnieke
- Navorsingsgespreksaktiwiteite
Personeel en bystand
Stuur vir ons enige voorstelle en kommentaar oor die Navorsingsruimte.
Toerusting en fasiliteite
- 32 individuele rekenaarwerkstasies
- Drukwerk, kopieëring en skanderingsfasiliteite. Klik vir drukinligting oor hoe om vanaf die biblioteek se rekenaars of jou skootrekenaar te druk, asook hoe om jou drukrekening te bestuur.
- Koordlose internettoegang. Klik vir Studente-/personeelgids tot RegisterMe!
- 'n Versameling naslaanwerke en brosjures
- Sluitkassies
Spasies
- Vier seminaarkamers vir groepsbesprekings en vergaderings, witborde en digitale skerms. Klik vir Lokaalbesprekings vir meer inligting.
- Werk areas vir skootrekenaar gebruikers
- Sitkamerarea
Agtergrond en befondsing
Aanvanklike befondsing vir die Navorsingsruimte is deur die Carnegie-korporasie van New York (CCNY) voorsien. Die CCNY het die Konsortium van Navorsingsbiblioteke in Suid-Afrika befonds. Die Konsortium het uit drie komponente bestaan: die ontwikkeling van gespesialiseerde fasiliteite (die fisiese inrigting van 'n Navorsingsruimte), gedeelde tegnologieë en goedopgeleide professionele bibliotekarisse. Daar is verwag dat elkeen van hierdie komponente 'n betekenisvolle rol sou speel in die ontwikkeling van 'n nuwe kerngroep van navorsers in Suid-Afrika.
Uit erkenning vir die potensiaal van 'n hoogs gesofistikeerde nagraadse navorsingsomgewing om die Universiteit se missie van verhoogde nagraadse deurvloei en 'n verhoogde navorsingsuitset te ondersteun, het die Universiteit meer as 80% van die befondsing vir die inrigting van die Navorsingsruimte voorsien. Die stimulerende brandpuntomgewing wat deur die Navorsingsruimte aan die US voorsien word, word ondersteun deur die ontwikkeling van 'n kerngroep van bekwame navorsingsbibliotekarisse, sowel as verbeterde toegang tot inligtingshulpbronne deur middel van die soekfunksie, Library Search.