Skip to main content

Digitale en inligtingsvaardighede

In 2014 was 'n raamwerk vir inligtingsgeletterdheid ontwikkel en aanvaar. Die doel was om struktuur te voorsien vir 'n effektiewe opleidingsprogram vir inligtingsgeletterdheidsvaardighede. In 2022 was 'n hersiening van hierdie raamwerk aanvaar en het dit gelei tot die insluiting van digitale vaardighede. Geleë binne die groter akademiese geletterdheid ekosisteem, sluit digitale en inligtingsvaardighede die opleidings aktiwiteite wat deur die Biblioteek- en Inligtingsdiens aan die Universiteit Stellenbosch verskaf word in.

 

Die raamwerk word ondersteun deur die Vereniging van Kollege en Navorsingsbiblioteke (ACRL) definisie van inligtinggeletterdheid en Jisc raamwerk van digitale vermoëns:
 

  • Information literacy is the set of integrated abilities encompassing the reflective discovery of information, the understanding of how information is produced and valued, and the use of information in creating new knowledge and participating ethically in communities of learning (ACRL, 2015).
  • Jisc definieer digitale vermoëns as ses oorvleuelende elemente: digitale identiteit en welstand; IKT-vaardigheid; inligting, data en media geletterdheid; digitale leer en selfontwikkeling; digitale skeppingsinnovasie en -vakkundigheid;  en kommunikasie, samewerking en deelname. Hierdie deifnisie is gegrond in digitale identiteit en welstand, en IKT-vaardigheid.
     

US-verwante riglyne​:

Die Biblioteek- en Inligtingsdiens bied 'n wye verskeidenheid groepopleidingsessies in verskillende lokale aan met die fokus op die verbetering van digitale en inligtingsvaardighede van alle kliënte aan die Universiteit Stellenbosch. Een van die hooflokale vir biblioteekopleiding is die e-klaskamer in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek. 

Opleidingsessies

  • Raadpleeg die opleidings- en geleentheidskalender om te sien watter opleidingsessies vir elke maand van die jaar geskeduleer is. Bespreek 'n spesifieke opleidingsessie of raadpleeg die #SmartStudent - en #SmartResearcher-opleidingsprogram om 'n lys te sien van alle opleidingsessies wat onderskeidelik vir inleidende en gevorderde opleidingsessies beskikbaar is.
  • 'n Wye verskeidenheid aanlyn opleidingsgidse is beskikbaar by Biblioteekgidse en Hulp op die biblioteek se tuisblad.
  • Een-tot-een opleidingsessies aangebied deur biblioteekpersoneel is gedurende biblioteekure beskikbaar, byvoorbeeld by die inligtingsdienspunt in die Leersentrum in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek en by die takbiblioteke.
  • Afsprake met fakulteits- en takbibliotekarisse is gedurende kantoorure beskikbaar. Bespreek asseblief 'n een-tot-een-opleidingsessie deur jou fakulteit of takbibliotekaresse.
  • Vir nagraadse studente: Raadpleeg die Nagraadse Vaardigheidsontwikkelingswebblad vir nagraadse ondersteuning en opleiding wat deur die Universiteit verskaf word. Hierdie ondersteunings- en vaardigheidsontwikkelingswerksessies, kursusse, seminare en konferensies is daarop gemik om nagraadse studente te help om hulle grade binne die vasgestelde tyd te voltooi en om die kwaliteit van hulle navorsing te verbeter. Alle generiese biblioteekopleidingsessies word ook by hierdie kalender ingesluit.

Aanlyn opleidingsgidse

Die vind, kry toegang en gebruik inligting effektief: 'n stap-vir-stap aanlyn gids sal jou help om ‘n bekwame gebruiker van akademiese inligtingsbronne te word deur op jou eie tyd deur die materiaal wat beskikbaar is te werk. Die selfgerigte gidse word aangevul deur video-aanbiedings om te help met die skep van 'n beter leerervaring. Deur die stap-vir-stapgids te gebruik, sal jy leer hoe om:

  • soektogte uit te voer in Library Search (die biblioteek se soekfunksie) om sodoende eweknie-geëvalueerde artikels en boeke te vind;
  • plagiaat te verstaan;
  • kopiereg te verstaan en toe te pas.

Ander aanlyn gidse