Skip to main content
Welkom, Matie - jy is nie alleen nie

Welkom, Matie - jy is nie alleen nie

Corporate Marketing / Korporatiewe Bemarking
21 Januarie 2016

Die Universiteit Stellenbosch (US) wil vir almal 'n inklusiewe, verwelkomende tuiste bied. Studente word aangemoedig om mekaar te respekteer en te waardeer. Almal is geregtig daarop om met menswaardigheid behandel te word, ongeag velkleur, geslag, geloof of seksuele oriëntasie.

Rapporteer asseblief enige skending van menseregte of menswaardigheid, of enige ongerymdhede van watter aard ook al – om die waarheid te sê, enigiets wat jou ongemaklik laat voel – sodat dit so gou as moontlik uitgesorteer kan word. Ons sal alles in ons vermoë doen om te verseker dat jou tyd as student 'n positiewe en verrykende ervaring in 'n koesterende omgewing is.

Studente kan ondersteuning oor 'n verskeidenheid van sake op die volgende plekke kry:

  • Die US se Studentesake Afdeling is die oorhoofse koördineerde liggaam wat studenteondersteuning bied. Loer gerus in by Bosmanstraat 15A, Stellenbosch, skakel 021 808 9111 of stuur e-pos aan [email protected].
  • Die Verwelkomingsprogram vir nuwe studente bevat baie nuttige inligting. Besoek die webwerf www.sun.ac.za/welkom, waar jy ook 'n PDF van die program kan kry om vir jouself uit te druk.
  • Die US se nuwe Eenheid vir Gelykwaardigheid bevorder sosiale geregtigheid. Maak ʼn draai by Victoriastr 39, Stellenbosch, of stuur e-pos aan [email protected] om diskriminasie, teistering, seksuele teistering of viktimisering aan te meld.
  • Die strukture in jou onmiddellike omgewing is ook 'n goeie beginpunt. Praat gerus met die Hoof, Prim, enige van die Huiskomiteelede of enige mentors in jou koshuis of Privaatstudente-organisasie (PSO)-wyk of kluster.
  • Dan is daar ook die Sentrum vir Studentestrukture en -gemeenskappe (SSG), wat by 021 808 2848 geskakel kan word. Gedurende die verwelkomingstydperk is hierdie nommer 24 uur per dag aktief.
  • Die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) kan genader word oor studentewelwees of sielkundige probleme. Besoek www.sun.ac.za/ssvo of skakel 021 808 4707 (Stellenbosch) of 021 938 9590 (Tygerberg).
    • As jy hulp nodig het in 'n noodgeval, bel SSVO se 24-uur-krisisnommer: 082 557 0880
    • Die US se Maatskaplike Werker: 021 808 4994
    • MIV/Vigs-hulplyn: 0800 012 322
  • Oor veiligheid- en sekuriteitkwessies, kontak gerus Kampussekuriteit (www.sun.ac.za/veiligheid):
    • Vir noodgevalle op die Stellenbosch-kampus: 021 808 2333
    • Vir Stellenbosch-kampus-verwante navrae/rapportering/saamstapdiens: 021 808 4666
    • Vir noodgevalle op Tygerberg-kampus: 021 938 9507
    • WhatsApp: 082 808 2333
  • Om met 'n dokter of verpleegkundige te praat, kontak die Kampusgesondheidsdiens (www.sun.ac.za/kampusgesondheid):
    • Stellenbosch: 021 808 3494/6
    • Tygerberg: 021 928 9590
  • Kontak die Akademiese Belangeraad oor enige kwessies wat met jou studies te doen het (bv. klagtes, taalkwessies, roosterbotsings, plagiaat, of probleme met dosente, mentors of tutors. Vind hulle by www.facebook.com/abrstellenbosch?fref=ts
  • Die Taalsentrum bied aan studente 'n verskeidenheid van dienste rakende taal- en skryfsteun. Besoek www0.sun.ac.za/taalsentrum vir meer inligting, of bel 021 808 2167.
  • Die Studenteraad (SR) word elke jaar demokraties verkies om jou belange te behartig. Besoek hulle kantore op die 2de vloer van die Neelsie Studentesentrum, of bel hulle by 021 808 2491/3.
  • Navrae wat verband hou met toelatings en finansies van studente (insluitende beurse en lenings) kan na die regte persone verwys word deur die US se Kliëntedienssentrum: Tel 021 808 9111, E-pos [email protected].
  • Die US gebruik 'n etieklyn vir die anonieme rapportering van ongerymdhede. Dit word onafhanklik van die US deur Deloitte (www.tip-offs.com) bestuur: Tel 0800 204 549, E-pos [email protected].
  • As alle ander weë uitgeput is, is die Ombudsman, Prof Julian Sonn, die laaste aanklopplek vir studente, ouers of personeel met ernstige probleme of klagtes. Hy tree volledig onafhanklik op. Kontak hom by [email protected] of 082 807 2994, of besoek www.sun.ac.za/ombudsman vir meer inligting.