Skip to main content

NGDR of HONSBREK (nagraadse program)


Tensy anders vermeld, verwys ‘die programme’ na die Nagraadse Diploma in Rekeningkunde (NGDR) en die HonsBRek program. Die twee programme word saam aangebied en is identies, buiten die addisionele verpligte HonsBRek Navorsingsmodule (sien Modules hieronder)

Die taal van onderrig is Engels, met Afrikaanse vertolking. Alle klas aantekeninge, toetse en eksamens sal beide in Afrikaans en Engels beskikbaar wees.

Die program is nie op ʼn afstandsonderrig-basis beskikbaar nie.

Die toelatingsvereistes is deur die Skool vir Rekeningkunde (SvR), na behoorlike oorweging van onlangse resultate wat deur studente in die programme behaal is, gestel.   Studente moet dus onder andere reeds die nodige toewyding tot hul voorgraadse studies toon, om in aanmerking te kom vir toelating tot die honneursprogram.  

Slegs studente wat in besit is van die volgende voorgraadse grade sal tot die program toegelaat word:​

  • ʼn BRek graad van Universiteit Stellenbosch (US); of
  • ʼn Ekwivalente SAIGR geakkrediteerde GR-stroom graad of oorbrugging program van ʼn ander Suid-Afrikaanse universiteit; of
  • Die BCom (Finansiële Rekeningkunde) of BCom (Bestuursrekeningkundige) graad van Universiteit Stellenbosch (of enige ander BCom-graad van Universiteit Stellenbosch waarin presies dieselfde modules as een van die bogenoemde grade geslaag is). Hierdie studente moet 'n oorbruggingsjaar suksesvol voltooi om in aanmerking te kom vir toelating tot die NGDR (PGDA) of HonsBRek-programme. Volg hierdie sk​akel​​​​​​ vir besonderhede. 
     

Volg asseblief hierdie skakel vir die toelatingsvereistes vir US-studente. ​​​

Volg asseblief hierdie skakel vir die toelatingsverei​stes vir nie-US studente.​​​​

Alle studente: Volg asseblief die skakel na 'n dokument wat verduidelik hoe om aansoek te doen vir 'n nagraadse program.​

SU bied nie ʼn formele oorbruggingsprogram vir studente van ander universiteite aan nie.  Studente van ander universiteite, sonder ʼn ekwivalente SAIGR geakkrediteerde GR-stroom graad, word aangeraai om ʼn geakkrediteerde oorbruggingsprogram van een van die geakkrediteerde Suid-Afrikaanse universiteite te volg (sien: www.saica.or​g.za).  

Verdere besonderhede is op versoek van die mede-programleiers van die BRek en NGDR (PGDA)/ HonsBRek programme, Prof. Soon Nel en Me. Anne-Marie Eloff beskikbaar. 

Aansoekers kan aanlyn aansoek doen by https://www.su.ac.za/en/apply

Aansoeke sal slegs oorweeg word indien ALLE aansoekvereistes VOLLEDIG nagekom is teen die sperdatums vir aansoeke hierbo genoem.

Let wel: voornemende aansoekers van ander lande as Suid-Afrika
Die PGDA- en HonsBRek-programme veronderstel 'n gedetailleerde en bygewerkte kennis van Suid-Afrikaanse korporatiewe en belastingwetgewing wat die Maatskappywet en Maatskappyregulasies en die Inkomstebelasting en verwante wette insluit. Gevolglik kan studente van ander lande as Suid-Afrika wat nie bewys kan lewer dat hulle aan hierdie vereiste voldoen nie, nie vir toelating tot die program oorweeg word nie. 'n Minimum van twee verdere jaar van voorgraadse studie aan die Universiteit Stellenbosch word vereis om vir toelating oorweeg te word.


Keerdatums vir aansoek

Die keerdatum vir aansoeke om toelating tot die nagraadse programme is 31 Oktober van die voorafgaande jaar.

Die prospektus lys al Stellenbosch University se voorgraadse en nagraadse programme en stel gebruikers in staat om na programme te soek deur sleutelwoorde of ’n reeks filters te gebruik, soos beroepe, studietydperk en programtipe. Besoek die nuwe prospektus hier: Nagraads | Stellenbosch University