Breadcrumb
HonsBCom Bestuursrekeningkunde (CIMA)
Die doel van die nagraadse program is om studente verder vir ʼn loopbaan as ʼn bestuursrekeningkunde voor te berei. Die program plaas ʼn sterk fokus op vaardighede wat vir topbestuur vereis word, soos strategiese denke en risikobestuur. Die program berei studente vir die finale CIMA-eksamens voor.
EMS Jaarboek 2026
Doen aanlyn aansoek
Studente wat in besit van ʼn BCom (Bestuursrekeningkundige) of BCom (Finansiële Rekeningkunde)- graad van Stellenbosch Universiteit is, kan die BCom Honneurs (Bestuursrekeningkundige)-program volg indien hulle ʼn prestasie punt van tenminste 57% in Bestuursrekeningkundige 388 en 57% in Finansiële Rekeningkunde 389 behaal het.
Studente wat in besit van 'n BRekeningkunde- graad van Stellenbosch Universiteit is, kan die BCom Honneurs (Bestuursrekeningkundige)-program volg indien hulle 'n prestasie punt van tenminste 57% in Bestuursrekeningkundige 378 en 53% in Finansiële Rekeningkunde 379 behaal het.
Studente van ander universiteite kan ook in aanmerking kom om vir BCom Honneurs (Bestuursrekeningkundige) te registreer. Programme wat dalk oorweeg kan word, sluit ten minste drie jaar se Finansiële Rekeningkunde en ʼn minimum van twee jaar Bestuursrekeningkundige in (was Strategie, Finansiële Bestuur en Kosteberekening) moet insluit. Die keuringskriteria van 57% vir beide Finansiële Rekeningkunde en Bestuursrekeningkundige sal van toepassing wees. ’n Gelykwaardige kwalifikasie van ’n ander universiteit (gelykwaardige kwalifikasie: die kwalifikasie lei tot dieselfde vrystellings by CIMA as die voorgraadse programme van die Universiteit Stellenbosch – tot en met die Operasionele Vlak en die Operasionele Gevallestudie-eksamen van CIMA),
Die bogenoemde punte moet binne die twee jaar voor die beplande jaar van studie behaal word.
Die toelatingsvereistes is deur die Skool vir Rekeningkunde, na behoorlike oorweging van onlangse resultate wat deur studente in die nagraadse programme behaal is, gestel. Studente moet dus onder andere reeds die nodige toewyding tot hul voorgraadse studies toon, om in aanmerking te kom vir toelating tot die honneursprogram.
Die sluitingsdatum vir aansoeke vir die honneursprogram is 31 Oktober van die voorafgaande jaar.
Die bogenoemde toelatingsvereistes word konstant toegepas. Die program is ʼn keuringsprogram en slegs ʼn beperkte hoeveelheid studente kan aanvaar word.
Verwys asseblief na hierdie dokument vir antwoorde op vrae wat jy dalk steeds mag hê (slegs in Engels beskikbaar)
FAQ dokument
Enige verder navrae met verwysing na die BCom (Bestuursrekeningkundige) of BCom Honneurs (Bestuursrekeningkunde- programme kan aan die programleier, mnr. Roelof Baard gerig word.
Tel: +27 (0)21 808 3470
E-pos: [email protected]
Privaatsak X1, Matieland, 7602
Van der Sterr gebou, Victoria Straat, Stellenbosch, 7600
Die prospektus lys al Stellenbosch University se voorgraadse en nagraadse programme en stel gebruikers in staat om na programme te soek deur sleutelwoorde of ’n reeks filters te gebruik, soos beroepe, studietydperk en programtipe. Besoek die nuwe prospektus hier: Nagraads | Stellenbosch University
"Forward together. Sonke siya phambili".
Wanneer jy as ʼn lid van die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA), kwalifiseer sal jy by die wêreld se grootste en toonaangewendste professionele liggaam van bestuursrekeningkundiges aansluit. CIMA het meer as 218,000 lede en studente in 177 lande. Indien jy suksesvol vir CIMA opgelei word, sal jy die letters ACMA (Associate of The Chartered Institute of Management Accountants) agter jou naam kan skryf. Jy sal ook as ʼn Chartered Global Management Accountant kan registreer, wat 'n gesamentlike onderneming tussen CIMA en die AICPA van die VSA is. (Vir meer inligting oor CIMA, besoek hulle webwerf by www.cimaglobal.com.)