Energie en Omgewing
Fundamenteel vir 'n moderne samelewing en 'n wêreldwyd mededingende ekonomie is omgewingsverantwoordelike en volhoubare energieopwekking. In noue samewerking met die Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies dra die departement by tot fundamentele navorsing oor 'n wye reeks energieopwekkingstegnologieë. Die groep, wat ons vervoerbehoeftes aanspreek, ondersoek die werkverrigting en impak van biobrandstowwe en mengsels in kompressie-ontstekings- en vonkontstekingsenjins. Unieke Suid-Afrikaanse oplossings vir gekonsentreerde sontermiese krag en energiebergingstelsels word nagevors.
Die groep se wêreldleidende navorsing in lugverkoelde hitteruilers en koeltorings is welbekend. Die groep kan waaiers, hitteruilers en koeltoringvullings volgens internasionale standaarde toets. Hierdie eksperimentele vermoë gekombineer met sterk berekeningskundigheid stel die groep in staat om spesiale waaiers, kompressors en turbines te ontwikkel, bv. industriële toepassings, maar ook seestroom-, wind- en sonenergie-ontginning- en lugverkoelde stelsels. Tweefasevloei-kundigheid het die kernbedryf se belangstelling getrek met die toepassing van hittepype as passiewe hitte-oordragtoestelle. Navorsing oor die energie-doeltreffende ontwerp van skeepsaandrywing, skeepsrompe en verskeie turbomasjinerie word ondersteun deur die enigste 90 m lange sleeptenk in Suider-Afrika.
Sontermiese Energie Navorsingsgroep (STERG)
STERG is 'n navorsingsgroep gehuisves in die Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese en geaffilieer met die Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies, die nasionale akademiese spilpunt vir hernubare en volhoubare energie. STERG was die eerste universiteitsnavorsingsgroep in Suid-Afrika wat toegewy is aan sontermiese energie-navorsing*. Ons primêre missie is om studente op te lei en navorsingsuitsette in Gekonsentreerde Sonkrag (SSP) te lewer.
Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies
Die Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies (CRSES) aan die Universiteit Stellenbosch maak 'n volhoubare toekoms vir Afrika moontlik deur middel van wêreldklas hernubare en volhoubare energienavorsing, adviesdienste, bewusmakingsveldtogte en opleidingsprogramme.
Termodinamika en Vloeimeganika
Die Termofluïede-afdeling is een van drie afdelings in die Universiteit Stellenbosch se Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese. Ons werk is grootliks geleë in die Departement se tema "Energie en die Omgewing". Ons afdeling is toegerus met uitgebreide rekenaar- en eksperimentele toetsfasiliteite wat navorsing en ontwikkelingswerk oor 'n wye reeks relevante velde moontlik maak. Kontak ons by [email protected] of besoek ons webwerf vir meer inligting.
