Navorsing
Die Departement Mikrobiologie is sterk navorsingsgeoriënteerd. Agt van die akademiese personeel is NRF-gegradeer (tans een A, vier B's en drie C's). Die volgende breë navorsingstemas word tans nagestreef.
Oorsig van navorsingsgroepe
Prof. Marinda Viljoen-Bloom
Mikrobiese hidrolise van stysel vir biobrandstofproduksie
Prof Alf Botha
Die interaksies tussen gis en hul biologiese, chemiese en fisiese omgewing.
Prof Leon Dicks
Ontwikkeling van probiotiese melksuurbakterieë vir mense en diere, taksonomie van melksuurbakterieë, karakterisering van antimikrobiese peptiede (insluitend bakteriosiene) wat deur melksuurbakterieë geproduseer word en hul industriële toepassing; industriële en mediese mikrobiologie.
Prof Karin Jacobs
Mikrobiese gemeenskappe van fynbosgrond; taksonomie en biologie van grondswamme, monitering van binnenshuise luggehalte en swamopsporing. Mikrobiese gemeenskapsanalises van die SVK van verskeie organismes.
Dr T Jansen
Gis- en swambiotegnologie vir volhoubare industriële toepassings
Prof Wesaal Khan
Ontwikkeling en toepassing van reënwateropvangstelsels; optimalisering en monitering van koste-effektiewe gebruikspunt-reënwateropvangstelsels
Prof Thulani Makhalanyane
Afrika-mikrobioomnavorsing
Dr Renay Ngobeni
Molekulêre parasitologie, waterverwante parasitologie en kinderdiarree
Dr H Volschenk
Funksionele mikrobiese bioinformatika
Prof Gideon Wolfaardt
Mikrobiese biofilm-ekologie, en die toepassing van hierdie kennis om mikrobiese aggregate in gemanipuleerde, industriële en kliniese omgewings te bestuur