Skip to main content

Huidige voorgraadse studente

​​​​​​​​​Die Fakulteit Natuurwetenskappe het verskeie intervensies ingestel om nagraadse studente te ondersteun, waaronder 'n tutor program waar studente wat probleme met hul studies ondervind, vroeg geïdentifiseer word en die nodige akademiese ondersteuning verskaf word. Met betrekking tot ons taalbeleid, word onderrig in die eerste jaar in Engels en Afrikaans in parallele groepe aangebied, met vertalingsdienste soos benodig vanaf die tweede jaar.

Leer en Onderrig 2025

  • Akademiese versoeke (sien hieronder)
  • Akademiese advies (sien hieronder)
  • Fakulteit Natuurwetenskappe Taalimplimenteringsplan​​​

Akademiese versoeke vir die eerste semester van 2026

Alle versoeke om van jou huidige voorgeskrewe akademiese kurrikulum af te wyk, moet aan die Akademiese Komitee gerig word by Akademiese versoeke. Die Akademiese Komitee sal die volgende versoeke oorweeg:

  • Afwykings van die Jaarboek (slaagvoorvereistemodules, voorvereistemodules, newevereistemodules);
  • Verandering in program of fokusarea; en/of
  • Afwyking van die geregistreerde kurrikulum vir modules en/of programme wat deur die Fakulteit Natuurwetenskappe aangebied word.

 

Die aanlynvorm vir versoeke aangaande die tweede semester sal lewendig wees van 1 Oktober 2025 tot 15 Januarie 2026.

Studente sal die uitslag vóór die aanvang van die tweede semester via hul SUN-e-posadres ontvang. Die besulite van die Akademiese Komitee is finaal en geen laat versoeke of appél sal oorweeg word nie.

Akademiese advies

Vir verdere akademiese en programverwante navrae, kontak die Koördineerder: Akademiese en Studentesake:

Stuur e-pos

Blits skakels
Loopbane in die natuurwetenskappe