Skip to main content

Nagraadse studies in Toegepaste Wiskunde

Algemene inligting oor nagraadse studie aan die Universiteit Stellenbosch kan hier gevind word.

MSc in Masjienleer en Kunsmatige Intelligensie

Vir meer inligting oor die MSc in Masjienleer en Kunsmatige Intelligensie, sien hier.

Honneurs BSc in Toegepaste Wiskunde 2026

Studente wat vir die Honneursprogram in Toegepaste Wiskunde inskryf moet 'n 32-krediet navorsingsprojek voltooi, asook ses 16-krediet semestermodules wat vryelik uit die lys van modules hieronder gekies kan word. Studente mag tot 'n maksimum van twee van hierdie ses modules by ander afdelings of departemente neem (sien bv. Rekenaarwetenskap en Wiskunde se nagraadse modules).

Kontak Toegepaste Wiskunde se nagraadse koördineerder, Dr Riana Roux ([email protected]) or Prof Nick Hale ([email protected]).


Jaarmodule

Honneursstudente kies aan die begin van die jaar 'n onderwerp en werk selfstandig, onder leiding van sy/haar projekadviseur, aan die gekose probleem. Aan die einde van die jaar word 'n verslag ingehandig en 'n kort mondelinge voordrag gelewer. Die module behels ook dat studente generiese navorsingsvaardighede aanleer.

10557-772JaarmoduleDr Roux / Prof Hale

Eerste semester modules

Algemene numeriese metodes vir die oplos van vloeivergelykings; eindige-verskil/volume metodes; prosedures vir simulasie van diffusiewe en konvektiewe prosesse; randwaardes; algoritmes soos die SIMPLE-reeks; inleiding tot CFX.

62820-755semester 1Prof Diedericks

Fokus op numeriese metodes vir matriksbewerkings. Effektiewe oplos van vierkantige lineêre stelsels, kleinste-kwadrate probleme, die eiewaarde probleem. Direkte en iteratiewe metodes, klem op yl matrikse en matrikse met struktuur. Numeriese onstabiliteit en sleg-geaardheid. Modelprobleme uit parsiële differensiaalvergelykings en beeldverwerking.

36323-776semester 1Prof Weideman

Breë inleiding tot grafiekteorie. Probleme soos enumerasie van grafieke; optimale paaie in netwerke; optimale spanbome; senters en mediane; planariteit; punt- en lynkleuring; Euler-grafieke en Hamilton-grafieke; toernooie; dominasie en onafhanklikheid; en Ramsey-teorie.

10542-782semester 1Dr Roux

Differensiaal- en integraalrekening van volumegemiddeldes in twee-fasige media; die modellering van vloeiprossesse in poreuse media; die reghoekige eenheidselmodel.

62839-791semester 1Prof Diedericks

Basiese grysskaal-transformasies en beeldverbeteringstegnieke in die fisiese ruimte; Fourier-analise in twee dimensies en beeldverbeteringstegnieke in die Fourier-ruimte; die herstel van beelde; morfologiese filters; tegnieke vir beeldkompaktering; beeldsegmentasie, -voorstelling, -beskrywing en herkenning.

64572-793semester 1Dr Coetzer

Tweede semester modules

Following up from AM244, this module goes deeper into the use of Ordinary Differential Equations and Difference Equations for modelling problems in the applied sciences. Most of such problems need to be described with nonlinear terms, making the dynamic behaviour of these models quite varied and sometimes counter-intuitive. For example, dynamics can converge to stationary points (equilibria), but also periodic or quasi-periodic (limit cycles and tori), and deterministically chaotic orbits (strange attractors). Different initial conditions of the system can lead to different types of such asymptotic behaviours. Additionally, the number and type of these attractors can change with model parameters through bifurcations. Most examples of applications will be presented in the field of biology (ecology, evolution, epidemiology), but also in environmental (exploitation of natural resources such as fish stocks) and social sciences (love dynamics)

12256-763semester 2Dr Landi

Die meeste modelleringsprobleme lei na wiskundige vergelykings wat nie eksplisiet opgelos kan word nie. Die enigste toevlug in so 'n geval is om numeries op te los, of om analitiese metodes te gebruik om benaderde oplossings te konstrueer. Die metodes in laasgenoemde klas vorm die fokuspunt van hierdie module. Benaderde oplossings tot transendentale vergelykings asook differensiaalvergelykings sal bespreek word, asook die asimptotiese afskatting van integrale met 'n groot of klein parameter. Toepasssings sluit in nie-lineêre ossilators in meganika, randlaagprobleme in vloeistowwe, en 'n herleiding van Stirling se benadering tot die fakulteit-funksie. Numeriese metodes sal gebruik word as bevestiging van die akkuraatheid van die analitiese metodes.


 

10381-781semester 2Dr Hansraj

Introduction to Markov processes and their applications for modelling randomly evolving (stochastic) systems. Theory: Markov chains in discrete and continuous time, random walks, Brownian motion, stochastic differential equations, stochastic calculus, large deviations. Applications: Word statistics, population dynamics, particle systems, diffusions, noise-perturbed dynamical systems, stochastic control, finance. The course also has practicals on simulation methods (in MATLAB or Python).

14233-783semester 2Prof Touchette

Die eerste deel van die module dek die basiese beginsels van beeldverwerking, kenmerkopsporing en -ooreenstemming, projektiewe meetkunde, perspektieftransformasies, robuuste modelberaming met RANSAC, die gaatjiekameramodel, en stereovisie vir diepteberaming. Die tweede deel fokus op diep neurale netwerke, en spesifiek konvolusionele neurale netwerke, wat tipies gebruik word vir beeldklassifikasie, objekopsporing en beeldsegmentering. Relevante masjienleer- konsepte, insluitend opleiding deur stogastiese gradiëntafdaling, word ook bekendgestel.
 

10728-794semester 2Dr Josias

Development of a physical understanding of the mathematical concepts associated with general and Cartesian tensor analysis; introductory differential geometry; curvilinear coordinate systems; coordinate transformations; development of a sound foundation for advanced mathematical modelling in scientific and engineering research environments.

10728-794semester 2 Prof Fidder

Die module dek: basiese opsiekonsepte en -markte (koopopsies, verkoopopsies, uitbetalings, arbitrage en verkoop-kooppariteit), waarskynlikheids- en eenvoudige bateprysmodelle, die Black-Scholes-raamwerk (PDE, formules en risiko-neutrale waardasie), opsiesensitiwiteite (Grieke), numeriese metodes vir prysbepaling (wortelvind vir geïmpliseerde wisselvalligheid, Monte Carlo-simulasie, binomiale bome en eindige verskilmetodes), geselekteerde eksotiese opsies en diskrete-tyd Amerikaanse opsies, en wisselvalligheidsberaming en variansieverminderingstegnieke.

12257-764semester 2Prof Hale

MIng dienskursusse

Fokus op numeriese metodes vir matriksbewerkings. Effektiewe oplos van vierkantige lineêre stelsels, kleinste-kwadrate probleme, die eiewaarde probleem. Direkte en iteratiewe metodes, klem op yl matrikse en matrikse met struktuur. Numeriese onstabiliteit en sleg-geaardheid. Modelprobleme uit parsiële differensiaalvergelykings en beeldverwerking.

36323-876Prof Hale 

MSc in Applied Mathematics

Studente wat vir die Magisterprogram in Toegepaste Wiskunde ingeskryf is moet 'n tesis oor die onderwerp van hul keuse (binne die navorsingsveld van een van die afdeling se dosente) voltooi. Die tesis word tydens 'n mondelinge eksamen voorgelê en interne sowel as eksterne eksaminatore word aangestel vir die eksaminering van die tesis. Die program strek normaalweg oor twee akademiese jare van voltydse studie.

Kontak Toegepaste Wiskunde se nagraadse koördineerder (Prof Wille Brink [email protected]) vir verdere inligting.

PhD in Toegepaste Wiskunde

Studente wat vir die Doktorale Program in Toegepaste Wiskunde ingeskryf is, moet 'n proefskrif oor die onderwerp van hul keuse (binne die navorsingsveld van een van die afdeling se dosente) voltooi. Resultate van die proefskrif moet oorspronklik wees en 'n bydra maak tot die betrokke veld. Die proefskrif word tydens 'n openbare mondelinge eksamen verdedig. Interne sowel as eksterne eksaminatore word aangestel om die proefskrif te eksamineer. Die program strek normaalweg oor drie akademiese jare van voltydse studie.

Kontak Toegepaste Wiskunde se nagraadse koördineerder (Prof Wille Brink [email protected])) vir verdere inligting.