Skip to main content

BIng modules

Toegepaste Wiskunde modules vir BIng studente 2026

Verdere inligting, insluitende kredietwaardes en voorvereistes, kan in Deel 5 en Deel 11 van die universiteit se Jaarboek gevind word.

Eerste jaar

Vektore; kragte; som van kragte by 'n punt; rigtingcosinusse en rigtingshoeke; komponente en komponent-vektore; skalaar- en vektorprodukte; moment van 'n krag; kragstelsels op starre liggame; ekwivalente kragstelsels; koppels; werklyn van die resultante; ewewig van starre liggame; wrywing; massamiddelpunte; sentroïde; volumes; bepaalde integrasie; traagheidsmomente van areas.

20753-124semester 1Prof Fidder, Dr Hansraj, Dr De Villiers, Dr Nchupang

Kinematika van 'n partikel: kontinue en onreëlmatige reglynige beweging; kromlynige beweging in die volgende koördinaatstelsels: Cartesies, normaal-tangent, silindries; katrolstelsels en relatiewe beweging. Kinetika van 'n partikel: bewegingsvergelykings – Newton 2 in al drie koördinaatstelsels; arbeid-energiebeginsel; energiebehoud; drywing; beginsel van lineêre impuls en momentum; lineêre momentumbehoud; impak.

20753-154semester 2Dr Cloete, Prof Smit, Dr Coetzer, Me Du Toit-Herzenberg

Tweede jaar

Vlakkinematika van starre liggame; rotasie en translasie; absolute beweging; relatiewe beweging; oombliklike rotasie-as. Eienskappe van starre liggame; bepaalde en meervoudige integrasie; Cartesiese, pool-, silindriese en sferiese koördinaatstelsels; traagheidsmomente. Vlakkinetika van starre liggame; Newton se wette; energiemetodes. Vibrasies van starre liggame.

20753-224semester 1Dr Cloete, Prof Smit, Dr Coetzer, Me Du Toit-Herzenberg

Die reguitlyn en platvlak; ruimtekrommes, afgeleides en integrale van vektore, krommes, die eenheidstangente, booglengte, vlakke, parsiële afgeleides van vektore, die gradiëntvektor, vektorvelde, vektordifferensiaaloperatore; lynintegrale, gradiëntvelde; oppervlakintegrale in die platvlak, Green se stelling, oppervlakintegrale in die ruimte, Stokes se stelling; volumeintegrale; Gauss se divergensiestelling; massamiddelpunte en traagheidsmomente.

20753-242semester 2Dr De Villiers

 

Wiskundige modellering: korrekte identifisering van probleme en spesifisering van aannames; formulering van gewone en parsiële differensiaalvergelykings; analitiese oplossings; interpretasie van ’n oplossing aan die hand van die oorspronklike probleem.

20753-252semester 2Dr Cloete

Inleiding tot Matlab; nulpunte van funksies; oplos van stelsels van lineêre vergelyings; numeriese differensiasie en integrasie; interpolasie en krommepassing; numeriese metodes vir die oplos van gewone en parsiële differensiaalvergelykings.

36323-262semester 2Prof Weideman

Ander modules

Sommige van die honneursmodules wat deur Toegepaste Wiskunde aangebied word, mag van toepassing wees vir 4de-jaar of nagraadse ingenieurstudente. Inligting kan by nagraadse studies gevind word.