Skip to main content

 

FGGW Postdoktorale Genootskappe

forward together sonke siya phambili saam vorentoe

Welkom

Voornemende postdoks in geneeskunde en gesondheidswetenskappe

​Die FGGW bied op 'n kompeterende basis voltydse genootskappe aan PhD graduandi met die doel om hul navorsingservaring uit te bou ter wille van hul akademiese loopbane. Voltydse FGGW akademiese of navorsingspersona doen aansoek om as gasheer vir potensiele na-doktorale genote op te tree en adverteer dan elke genootskap om 'n gepasde genoot te werf. Toekennings begin vanaf R220,000 per jaar vir twee jaar, met sluitingsdatums tussen Maart en September. Genootskappe is moontlik met die steun van Subkomitee C and ander bronne van befondsing. Gasheer navrae oor befondsing deur die FGGW Navorsingskomitee mag aan Mnr Tashwell de Wet by [email protected], gerig word. 

Om verdere inligting vir gashere te lees, klik hier.

 

Inligting vir (voornemende) postdoks

As 'n individu wat minder as vyf jaar gelede 'n doktorsgraad voltooi het, word u uitgenooi om aansoek te doen vir 'n nadoktorale genootskap in die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Aangesien elke nadoktorale genoot 'n gasheer moet hê, is dit raadsaam om hierdie moontlikheid te ondersoek in gesprek met 'n studieleier of 'n voornemende gasheer wat 'n senior akademikus in die betrokke akademiese omgewing is, selfs voordat 'n verhandeling vir eksaminering ingedien word. Eksterne en internasionale voornemende postdoks word ook aangemoedig om binne vier jaar na ontvangs van 'n doktorsgraad aansoek te doen vir geadverteerde postdoktorale geleenthede. Kandidate wat suksesvol onafhanklike befondsing kan bekom, is ook welkom om 'n voornemende gasheer in die FGGW te nader oor die moontlike opstel van 'n nadoktorale genootskap.

Genootskappe is afhanklik van keuring en befondsing, en kan vir 'n minimum van een jaar en 'n maksimum van vyf jaar toegeken word. 'n Nadoktorale genootskap kan toegeken word tot vyf jaar na die graduering van 'n PhD.

Afgesien van volledige nadoktorale genootskappe, bied die US ook befondsing aan om doktorale kandidate in staat te stel om ses maande vanaf voltooiing van die graad te spandeer om artikels op grond van hul doktorale navorsing via die mededingende Consolidoc-program.

Oorkoepelende verantwoordelikheid vir alle aangeleenthede rakende Postdoktorale Genootskap, veral registrasie en betaling, lê by die US Na-Doktorale Kantoor. Wees hartlik welkom om daardie kantoor by [email protected] te kontak, of om by hierdie skakel hierdie skakel 'n afspraak te maak.

Postdok Dienste

Die volgende dienste is beskikbaar vir alle geregistreerde postdoktorale genote in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe gebaseer op Tygerberg-kampus. Klik hier vir 'n drukbare weergawe.

Sodra na aankoms asb. dadelik aan by die whatsapp gemeenskapsteungroep for Tygerberg Nadoktorale Genote: https://chat.whatsapp.com/CnwXvvTaRJp3N40FQ0H6jp

Elke postdok van die Universiteit Stellenbosch is ook outomaties 'n lid van die Postdoktorale Vereniging. Die vereniging word deur postdoks bestuur en verteenwoordig die belange van die postdoks binne die strukture van die Universiteit Stellenbosch. Afgesien van hierdie verteenwoordigende rol, beoog die PDS om postdoks met behulp van vergaderings, geleenthede en sosiale aktiwiteite met mekaar in verbinding te bring. Die PDS kan gekontak word via [email protected].​

Om 'n toegangskaart te bekom, kan 'n geregistreerde postdoktorale genoot na die kaartaktiveringskantoor naby die ingang van die kliniese gebou gaan, waar 'n foto en 'n toegangskaart teen 'n fooi van R200 uitgereik word. (Toegangskaarte kan ook op Stellenbosch-kampus by die IT-hub in die Admin A-gebou verkry word.)

'n Nadoktorale genoot wat nog nie geregistreer is nie, sal teen 'n koste van R200 vir besoekerstoegang moet aansoek doen. 'n Aansoekvorm word voltooi met 'n afskrif van ID aangeheg en gestuur aan me L Matthee [email protected] en mnr A Hartzenburg [email protected] vir verwerking.

Na-doktorale genote mag by P5 voor die BMRI parkeer (sien asseblief die kaart by hierdie skakel). Om boom- en parkeertoegang geaktiveer te hê, moet postdoktorale genote  die parkeringskoördineerder kontak. Die besonderhede van die nadoktorale genote kan ook  deur die gasheer aan die parkeringskoördineerder gestuur  word om in die stelsel gelaai te word. Sou enige uitdagings met hierdie stappe ervaar word, kontak asb. Me Wendy Robyn ([email protected]) vir verdere bystand.

Na-doktorale genote het die volgende voorregte (soos by hierdie skakel aangedui):

  • Leen: 15 items vir 30 dae per item.
     
  • Hernuwing: 2 per item (met 'n maksimum hernuwingstydperk van 90 dae) tensy iemand anders dit versoek het. Hernu aanlyn of met die hulp van 'n personeellid.
     
  • Terugsendings: Na enige van die biblioteek- en inligtingsdienswebwerwe.
     
  • Boetes: Agterstallige items sal beboet word teen R1 per item per dag. Leenvoorregte sal opgeskort word wanneer 'n limiet van R30 bereik word.
     
  • Bewaring van boeke wat tans geleen word: Gratis en onbeperk - bespreek aanlyn of deur 'n personeellid.
     
  • Die Geneeskunde & Gesondheidswetenskappe Biblioteek het nege seminaarkamers. Nadoktorale genote kan seminaarkamers 4 en 8 bespreek wat vir gebruik deur nagraadse studente, nadoktorale genote en personeel gereserveer word. 'n Seminaarkamer kan by hierdie skakel bespreek word.

Die US sagteware-hub gee na-doktorale genote toegang tot sekere sagteware-pakette vir navorsingsdoeleindes, soos gedek deur universiteitswye lisensies.

Die FGGW se Oop Toegansfonds bied geldelike steun van die bladfooie vir navorsingsartikels in eweknie-beoordeelde, geakkrediteerde, oop-toegang en hibriede tydskrifte. Postdoktorale genote wat nie geoormerkte befondsing vir bladfooie het nie, word aangemoedig om deurlopend op 'n ad hoc basis aansoek te doen. Afhangende van die beskikbaarheid van fondse, kan toekennings van tot R30,000 gemaak word om tot 100% van die bladfooie vir FGGW-geaffiliëerde outeurs te steun. Navrae kan aan Dr Tania Brodovcky by [email protected] gerig word.

Die US bied alle postdoktorale studente die geleentheid om hul profiel as navorser te vestig en te bevorder via die Symplectic Elements Discovery-portaal. Werk jou profiel op met 'n foto, 'n biografiese skets, skakels na jou ResearchGate- en LinkedIn-profiele, of soortgelyk, en media soos YouTube-skakels. Jou beskikbaarheid vir mediakonsultasie, nagraadse toesig, ens., kan ook aangedui word. Gaan na https://researcherprofiles.sun.ac.za/, soek vir jou naam en klik links onder op die skerm op die skakel 'Wysig jou profiel'.

Hou asseblief ook jou OrcID-profiel op datum.
 

 

Postdoktorale genote word aangemoedig om gebruik te maak van die ryk verskeidenheid van geleenthede vir vaardigheidsontwikkeling wat binne die FGGW afdeling vir Navorsings- en Internasionaliseringsontwikkeling en -Steun (NIOS) beskikbaar is. Die sentrale US Postdoktorale Kantoor bied ook postdoktorale spesifieke geleenthede via hul aanlyn platforms.

'n Stimulerende reeks akademiese, netwerk-, sosiale en sportgeleenthede is beskikbaar vir lede van die FMHS- en SU-gemeenskap. Klik hier om meer te lees.

 

Die Gesondheidsdienstekliniek op Tygerberg-kampus is oop van Maandag tot Vrydag, 08:00 – 16:00, en kan bereik word by (021 – 938 9590). Die kliniek is geleë op die 2de Vloer, van Tygerberg Studentesentrum. Om die Tygerberg-kliniek te besoek, moet 'n mens eers 'n afspraak maak deur bogenoemde kontaknommer te kontak. 
 

Die US Nagraadse Kantoor bied omvangrykende steun aan Postdoks.​

Voedselonsekerheid is 'n blywende realiteit by Suid-Afrikanse universiteite. Postdoks wat uitdagings ervaar om toegang tot hul befondsing te kry, of om 'n ander rede voedselonsekerheid ervaar, kan die Tygerberg Pantry Project by [email protected] kontak.

Algemene navrae mag aan [email protected] gerig word, of 'n afspraak met 'n personeellid van die US Postdokkantoor kan by hierdie skakel gemaak word. 

Alle administratiewe dokumente met betrekking op nadoktorale genote is beskikbaar by hierdie skakel: https://stellenbosch.sharepoint.com/sites/PostdocAdministrationSupport​. ​

'n Verskeidenheid ander US kontakbesonderhede is by hierdie skakel beskikbaar.

 

Postdoks rondom die stad

Behuising

Let asb. daarop dat geen toegeweide nagraadse of na-doktorale verblyf deur die US verskaf word nie. Daar word meegeding om akkomodasie in die gesogde woonareas van die Wes-Kaap, en dit is dus raadsaam om reeds voor aankoms reëlings vir gepasde akkommodasie te tref. Die opsies hieronder kan oorweeg word.

Wanneer privaat blyplek bekom word, is die US nie betrokke by plasing nie. Dit is eerder die verantwoordelikheid van die individuele postdok om die eienaar/verhuuurder te kontak om navraag te doen oor beskikbaarheid en om 'n spesifieke spasie te huur. Om moontlike bedrog of uitbuiting te vermy, is dit noodsaaklike om nie 'n deposito aan 'n individuele verhuurder te betaal alvorens die akkommodasie besigtig is nie; en om al die bepalinge van 'n huurkontrak versigtig te lees voordat die kontrak geteken word.

 

Vervoer

Verskeie opsies is beskikbaar vir diegene wat sonder 'n eie motor wil rondbeweeg.

Indien jy graag wil fietsry, is daar veilige fietsrakke beskikbaar in die kelderparkering tussen die Kliniese Gebou en die BMNI. 

Kontak Tania Steenkamp by [email protected].

 

Besoek asseblief hierdie blad om meer uit te vind oor die busstoppe en tye van die Tygerberg kamus pendelbusdiens.

 

Vir vervoer kan jy Uber of Bolt oorweeg. In beide gevalle, laai die amptelike toepassing van die Google Play Store of Apple App Store op jou eie slimfoon of tablet af en voeg voor die eerste gebruik jou profiel en bankkaartbesonderhede by. Beskerm die toestel met 'n skermslot. Wees te alle tye veiligheidsbewus: Kontroleer altyd die registrasienommer van 'n Bolt- of Uber-voertuig voordat jy 'n rit aanvaar; Loop weg as iemand anders as die bestuurder in die motor teenwoordig is.

Let wel: Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir hierdie opsies nie. Vors asseblief veiligheid na voordat jy 'n besluit neem.

Eetplekke

Die volgende opsies is beskikbaar om op of rondom Tygerberg-kampus kos te koop.

  • Cups & Saucers koffiewinkel wat naby die ingang van die kliniese gebou geleë is. Dit bied 'n verskeidenheid koffies, koeldranke, ontbyt- en middagete-etes en versnaperinge, terwyl borde vooraf bestel kan word;
     
  • Synergy Cafe situated op die grondverdieping van die BMNI bied ligte etes en drankies;
     
  • Vida Cafe koffiewinkel in die voorportaal van die onderwysgebou verkoop koue en warm drankies, toebroodjies en versnaperinge;
     
  • Die hospitaalkafeteria of studentesentrum met verskeie afsetpunte van onder meer skyfies, pasteie, 'wraps', hamburgers, pasta ens. Aanbiedings wissel van toebroodjies vanaf sowat R40, tot gekookte of koue etes met 'n gemiddelde koste van R100 per maaltyd. Die hospitaal- en studentekafeteria kan albei met behulp van die toegangskaart verkry word.
     
  • Die studentesentrum het vier winkels wat kos verkoop: My Brew Coffee Roastery, Planetsavvy, Vida-kafee en 'n mini-supermark. My Brew Coffee Roastery bied koue en warm drankies en versnaperinge, terwyl Planetsavvy koue drankies, toebroodjies, pizzaskywe, pastei, wraps, pasta, hoender en steak verkoop.

     
  • Vir sosiale kosplekke buite die kampus, kan jy die Tyger Waterfront, die Tygervallei-winkelsentrum, die Willowbridge-winkelsentrum of een van die wynplase in die Durbanville-streek oorweeg.
    Let wel: Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige van hierdie opsies nie. Vind asb, uit oor veiligheid en dies meer sodat jy 'n ingeligde besluit kan neem.
     

Indien jy miskien uitdagings ervaar om toegang tot kos te kry, kontak asb:

Erkenning vir Postdoks

Elke jaar erken die Universiteit Stellenbosch die voorste vyf postdoktorale genote vanoor alle fakulteite, tesame met die beste postdoktorale gashere. 'n Oproep vir nominasies word jaarliks ​​deur die US Afdeling vir Navorsingsontwikkeling versprei.

Research excellence awards decorative image
Postdoc top 5 award decorative image
Postdoc mentor award decorative image