Welkom | Welkom by jou FGGW Meestersnavorsing Hub. Volg asb die skakels hieronder en aan die regterkant vir relevante inligting. US Jaarboek bepalings: Volume 1 (Algemeen) | Volume 12 (FGGW) |
MoU | Studente en studieleiers moet 'n Memorandum van Begrip (Memorandum of Understanding / MoU) onderteken: |
Riglyne | - Konsulteer gereeld met jou studieleier.
- Sorg dat jy vertroud is met die betrokke Riglyne:
- Hierdie Gids tot die etiekproses sal ook waardevol wees
- Studente en studieleiers moet nou en positief saamwerk op die basis van gereelde geskrewe indienings.
|
Steun | - Die primere kontakpersoon rakende jou meestersnavorsing is jou studieleier.
- Kliniese Assistente het ook toegang tot die hulpbronne op die webblad van die Kantoor vir Kliniese Assistente Navorsingsteun.
- 'n Wye reeks kontakbesonderhede vir navorsing- en algemene steundienste is beskikbaar op die Nuttige Kontakte-webblad.
|
Oorsig | - Aansoeke vir onderbreking of voortgesette registrasie; nominasies van studieleiers en eksaminatore word ingedien via die betrokke Nagraadse Programkomitee (NPK) binne die akademiese omgewing.
- Die benoeming van eksaminatore en ander NPK-besluite rakende 'n gestruktureerde meestersgraad word aan die FGGW Komitee vir Nagraadse Onderrig (KNO) voorgelê.
- Die benoeming van eksaminatore en ander NPK-besluite rakende 'n meestersgraad per tesis word voorgelê aan die FGGW Komitee vir Nagraadse Navorsing (KNN), by [email protected].
|