Skip to main content

Navorsingsonderwerpe

Navorsingsonderwerpe (MEng Navorsing en PhD)

  • Navorsingsmeesters- en doktorale studente moet 'n tesis as deel van hul studie voltooi. 'n Lys van tipiese tesisonderwerpe word by die skakel hieronder gegee.
  • Hierdie is nie die enigste beskikbare onderwerpe nie – ons noem slegs 'n paar om voornemende studente 'n idee te gee van die verskillende navorsingsvelde wat in ons departement gedek word.
  • Op 'n Meesters- en Doktorale vlak is befondsing nou verwant aan spesifieke onderwerpe. Met elke onderwerp se beskrywing gee ons 'n aanduiding van die beskikbaarheid van befondsing vir daardie onderwerp (sekere voorwaardes geld). Bespreek asseblief met die potensiële studieleier.
  • Voornemende studente wat reeds deur die Departement vir Nagraadse Studies aanvaar is, is welkom om die betrokke dosente te kontak vir meer inligting oor hul onderwerpe.
  • Die lys van onderwerpe word einde Augustus vir die volgende jaar opgedateer.

Onderwerpe vir Navorsingsopdragte (Gestruktureerd MEng)

  • Die Gestruktureerde MEng vereis dat studente 'n navorsingsopdrag voltooi. 'n Lys van tipiese navorsingsopdragonderwerpe word hieronder gegee.
  • Hierdie is nie die enigste beskikbare onderwerpe nie – ons noem slegs 'n paar om voornemende studente 'n idee te gee van die verskillende navorsingsvelde wat in ons departement gedek word.
  • Op 'n Meesters-Doktorsgraadvlak is befondsing nou verwant aan spesifieke projekonderwerpe. Met elke onderwerp se beskrywing gee ons 'n aanduiding van die beskikbaarheid van befondsing vir daardie onderwerp (sekere voorwaardes geld).
  • Die akademiese koördineerder sal 'n potensiële onderwerp met 'n student bespreek gedurende die eerste week van Februarie van die student se eerste jaar van PG-studies en 'n studieleier toewys.